![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Wanneer volksgenote met die geweer in die hand teen mekaar uittrek, ontstaan ’n gevoel van bitterheid wat in geen jare verwyder kan word nie. So skryf GD Scholtz in sy omvattende oorsig oor die Rebellie van 1914–1915. Die oorsake van die Rebellie kan teruggevoer word na die Anglo-Boereoorlog en die meeste Afrikaners se ongemaklike verhouding met die Britse ryk. Milliter gesproke was die Rebellie ’n mislukking, maar op die lang duur, betoog Scholtz, het die Rebellie ’n groot rol gespeel in die herlewing van die republikeinse ideaal onder Afrikaners.
Min verhale uit die Anglo-Boereoorlog het lesers só aangegryp as die avonture van die Boere-James Bond, kaptein Koos Naudé(1876-1956). Onvergeetlik is avonture soos dié waarin hy 'n Engelse uniform vrylik in die besette Pretoria rondbeweeg, die Engelse offisiere se spogperde steel, tien keer gedurende die oorlog die stad in die geheim as spioen besoek en 'n groep vroue organiseer om die spioenasie van die ontbinde Geheime Diens voort te sit. Sy avonture, wat in 1904 vir die eerste keer onder die titel In doodsgevaar gepubliseer is, is in 1940 deur G.D. Scholtz verwerk en heritgegee. Dié boek het intussen een van die klassieke verhale van die Anglo-Boereoorlog geword.
|
You may like...
|