0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Vier Susters (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Vier Susters (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, smag na ʼn onbevange lewe, ʼn ander werklikheid waarin haar liefde vir ʼn vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Maar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.

Die grafdigter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die grafdigter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R330 R285 Discovery Miles 2 850 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef.

Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie.

Of dalk het hulle net in die son gekyk.

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.

Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn?

Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R21 Discovery Miles 210 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R300 R237 Discovery Miles 2 370 Save R63 (21%) Ships in 5 - 7 working days

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.

Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.

Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.

Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.

Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?

'n Engel in Die Hoenderhok (Paperback): Gerda Taljaard 'n Engel in Die Hoenderhok (Paperback)
Gerda Taljaard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R152 Discovery Miles 1 520 Ships in 4 - 6 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R899 Discovery Miles 8 990
Dala A2 Sketch Pad (120gsm)(36 Sheets)
R283 Discovery Miles 2 830
Lifespace Premium 3-in-1 Portable…
R559 R389 Discovery Miles 3 890
Morbius
Jared Leto Blu-ray disc R504 R271 Discovery Miles 2 710
Karcher Ultra Foam Cleaner 3-in-1 RM 615…
R219 R200 Discovery Miles 2 000
Ab Wheel
R209 R149 Discovery Miles 1 490
Revealing Revelation - How God's Plans…
Amir Tsarfati, Rick Yohn Paperback  (5)
R199 R115 Discovery Miles 1 150
Angry Fit Adjustable Resistance Strength…
R799 R592 Discovery Miles 5 920
Staedtler 14cm Multi-Use Scissors (Right…
R29 R27 Discovery Miles 270
LOOPD LITE 1.0m USB To Micro USB Cable…
R99 Discovery Miles 990

 

Partners