0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Vier Susters (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Vier Susters (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, smag na ʼn onbevange lewe, ʼn ander werklikheid waarin haar liefde vir ʼn vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Maar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.

Die grafdigter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die grafdigter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R330 R285 Discovery Miles 2 850 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef.

Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie.

Of dalk het hulle net in die son gekyk.

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.

Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn?

Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.

Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.

Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.

Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.

Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R36 Discovery Miles 360 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

'n Engel in Die Hoenderhok (Paperback): Gerda Taljaard 'n Engel in Die Hoenderhok (Paperback)
Gerda Taljaard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Madam & Eve 2018 - The Guptas Ate My…
Stephen Francis, Rico Schacherl Paperback R220 R203 Discovery Miles 2 030
Best of Country Fiddle
Various Artists CD R113 Discovery Miles 1 130
Animals as Biotechnology - Ethics…
Richard Twine Paperback R1,602 Discovery Miles 16 020
The Ethics of Embryonic Stem Cell…
Katrien Devolder Hardcover R2,025 Discovery Miles 20 250
African Perspectives on Ethics for…
Nico Nortje, Willem A Hoffmann, … Hardcover R3,807 Discovery Miles 38 070
Crossroads - I Live Where I Like
Koni Benson Paperback R280 R259 Discovery Miles 2 590
The History of Graphic Design. 40th Ed.
Jens Muller Hardcover R779 R685 Discovery Miles 6 850
The Misery Merchants - Life And Death In…
Ruth Hopkins Paperback  (1)
R320 R295 Discovery Miles 2 950
Building Better Models with JMP Pro
Jim Grayson, Sam Gardner, … Hardcover R1,521 Discovery Miles 15 210
Buried Lives - Incarcerated in Early…
Michele Lise Tarter, Richard Bell Hardcover R2,594 Discovery Miles 25 940

 

Partners