Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Hierdie studie is die eerste van ’n reeds voltooide tweeluik in Afrikaans oor die 44 oud-Griekse dramas wat vir ons in geheel uit die verre Oudheid bewaar gebly het. In hierdie eerste boekdeel word die vroeë, klugtige ontstaan en daarna tegniese ontwikkeling van die oud-Griekse komedie bespreek. Daarna volg ’n indringende analise van elkeen van die skrywer Aristophanes (ongeveer 448-380 v.C.) se elf komedies. In Aristophanes se komedies vind ons ’n uiters lagwekkende ontmaskering van die menslike verwaandheid, kleinlikheid en dwaasheid wat die politieke leiers van Athene tydens die Peloponnesiese Oorlog gekenmerk het.
Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literere genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om ’n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede vanaf oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B; die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.); Homeros wat bedrieglik pre-klassiek is; Nuwe-Testamentiese Grieks en Moderne Grieks.
|
You may like...
Surfacing - On Being Black And Feminist…
Desiree Lewis, Gabeba Baderoon
Paperback
|