|
Showing 1 - 4 of
4 matches in All Departments
Los Donkies is ’n heruitgawe van H.S. van Blerk se aangrypende
verhaal van die ‘los donkies’ van die Depressiejare. Dit gaan oor
die houtryers wat hul bestaan gemaak het deur die aanry van hout
uit die Bosveld na die delwerye in Barkly-Wes se wereld. Hulle en
hul gesinne, sukkelaars almal, word op ’n manier geteken en
ingekleur dat jy weet: die skrywer ken armoede en teleurstelling.
Humor is daar baie, maar mens lag met ’n seer in jou hart vir arme
ou Mankjapie se drome van rykdom, vir haaslip-Stoffel se smagting
na liefde en aanvaarding, en vir oom Joppie se verlore stryd teen
die Satan in sy eie huis. ’n Meester van dialoog beskryf die skade,
die skande, die ongenaakbaarheid en die onopgevoedheid wat saamloop
met uiterste armoede met humor en deernis.
Naas Ferreira is 'n maer seun van so veertien, vyftien jaar; ’n
seun met ’n honger gesig en oe wat plattrek van die gedurig in die
skerp sonlig kyk. Maar dit is nie al aan hom wat opval nie. Eintlik
sien mens heel eerste sy kort nek, sy hoe borsbene en die groot
bult onder sy hemp op die skof van sy rug – die boggel wat hom in
die oe van sy stief-familie op die plaas Doornrug ’n monster, 'n
gedrog, 'n aapgesig maak. Maar op Doornrug gebeur geheimsinnige
dinge – onverklaarbare dinge wat reeds lank voor Naas se koms die
verhouding tussen die Lospers, die Bodemers en die Davels versuur
het. Waarom is dit so al of Oemfaan, die spierwit bul met sy nors
gevreet, dwarsdeur hom kan sien? Wat beteken die die bose gesig en
die koue oe van die ou man Mtwetwe? En Cornelia? Het die mooie
Cornelia dan twee persoonlikhede? Die een Cornelia het hy lief …
maar die ander; die een wat saans oor Doornrug se werf dwaal …
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.