Los Donkies is ’n heruitgawe van H.S. van Blerk se aangrypende
verhaal van die ‘los donkies’ van die Depressiejare. Dit gaan oor
die houtryers wat hul bestaan gemaak het deur die aanry van hout
uit die Bosveld na die delwerye in Barkly-Wes se wereld. Hulle en
hul gesinne, sukkelaars almal, word op ’n manier geteken en
ingekleur dat jy weet: die skrywer ken armoede en teleurstelling.
Humor is daar baie, maar mens lag met ’n seer in jou hart vir arme
ou Mankjapie se drome van rykdom, vir haaslip-Stoffel se smagting
na liefde en aanvaarding, en vir oom Joppie se verlore stryd teen
die Satan in sy eie huis. ’n Meester van dialoog beskryf die skade,
die skande, die ongenaakbaarheid en die onopgevoedheid wat saamloop
met uiterste armoede met humor en deernis.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!