![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Mense het vrae. Die Bybel het antwoorde. Min dinge in die lewe is maklik en eenvoudig. Ook vir gelowiges is die wêreld kompleks en moeilik. Selfs die Bybel is nie altyd maklik om te verstaan nie! Al die ernstige vrae wat in mense se harte leef, verdien eerlike, reguit en goed deurdagte antwoorde. En dis wat jy in hierdie boek sal kry. In Die groot boek met Bybelse antwoorde praat 140 leraars oor sake wat soms ontstellend is en ander kere interessant en lewensverrykend. Hulle torring verwarrende vraagstukke netjies los en gee aanwysings hoe om self by antwoorde te kom wat in jou unieke omstandighede kan werk. Die skrywers ken die vrae wat die meeste deur gelowiges en ongelowiges gevra word. Hulle ken die Bybel en hoe om dit as bron van antwoorde te gebruik. Geen kitsreseppies of towerformules nie, maar wel inspirasie en riglyne om jou eie oplossings te vind vir vrae soos: - Hoekom moet ek vir my gemeente geld gee en hoeveel is genoeg? - Hoe moet ek dit regkry om my vyande lief te hê? - Is dit oukei as mense nie in die kerk trou nie? - Help dit enigsins om goeie dinge te doen in die slegte wêreld?
Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal die toekoms net soveel beïnvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die oë van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek. Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan. Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken. Jesus het in ’n ander tyd en wêreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wêreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg. Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.
Dis maklik om te dink dat geloof nie meer in vandag se lewe 'n plek het nie. Danksy modern tegnologie en wetenskap is daar verklarings vir alles. Harde bewys. Niemand kan meer stry nie. Hoe moet jy jouself, en ander oortuig dat geloof werklik is? Is daar nog plek waarvoor in ons bestaan? Hennie Stander deel grepe uit sy lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer.
Dit is belangrik dat God se kinders sy Woord gereeld sal lees en dit sal geniet. Hierdie vertaling van die Nuwe Testament is bedoel om maklik te kan lees en verstaan in 'n taal wat vir jou as tienermeisie aan die hart sal gryp. Die medewerkers het groot respek vir die Bybel as God se Woord en het probeer om die boodskap van die Bybel so getrou as moontlik in maklike Afrikaans te vertaal. Die boeke van die Nuwe Testament is in korter dele ingedeel. Elke deel het 'n opskrif wat verduidelik waaroor die spesifieke deel gaan. Die sinne is lekker kort en lees maklik. Elke Bybelboek het ook 'n kort inleiding wat vir jou se waaroor die boek handel. Ander bekende skrywers wat die lewe van tieners ken, het rubrieke oor verskillende temas geskryf en nou kan jy lekker lees aan glans, jou eie Bybeltydskrif. Die verskillende rubrieke kan jy maklik herken omdat elkeen anders lyk.
|
You may like...
Advances in Mechanics of Microstructured…
Francesco Dell'Isola, Victor A. Eremeyev, …
Hardcover
Attached - Are You Anxious, Avoidant Or…
Amir Levine, Rachel Heller
Paperback
(1)
Computational Continuum Mechanics of…
Esmaeal Ghavanloo, Hashem Rafii-Tabar, …
Hardcover
R3,814
Discovery Miles 38 140
Recent Advances on Green Concrete for…
Joaquim A O Barros, Liberato Ferrara, …
Hardcover
Contact and Fracture Mechanics
Pranav H. Darji, Veera P. Darji
Hardcover
R3,113
Discovery Miles 31 130
IT Security Management - IT Securiteers…
Alberto Partida, Diego Andina
Hardcover
R2,801
Discovery Miles 28 010
|