Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 15 of 15 matches in All Departments
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend. Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord. Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.
"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp
die afgelope paar jaar ingrypend verander.
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer. In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige. Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.
Painter Nick Steyn moves to Cape Town after separating from his partner. A young boarder moves in and they soon become friends. But one night she does not come home, and his attempts to trace her come to nothing. Could Nick’s former friend, Victor Schoeman, the author of the outrageous novel The Shallows, have a hand in them? A fantastical, absurd yet haunting novel by the award-winning novelist Ingrid Winterbach. Translated as always by Michiel Heyns.
Na 'n onthutsende oproep vertrek Karl Hofmeyr teesinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy kompulsiewe obsessies. Maria Volschenk word op 'n dag oorval deur 'n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap om haar seun te sien en haar suster te selfdood uiteindelik te konfronteer. Die twee verhaallyne vloei saam op 'n onwaarskynlike stadsplaas. Iewers in Kaapstad, waar Karl se broer in 'n bitter tweestryd gewikkel is met die sninistere Josias Brandt.
When zoologist Magrieta Prinsloo is put on the wrong antidepressant, her head comes unstuck. She insults the head of her department, and impulsively resigns from her job. She accepts a position at the Bureau for Continuing Education, with the inscrutable Markus Potsdam as her boss. When he disappears one morning, matters become very complicated. Winterbach's extraordinary gift as a novelist, and uncanny understanding of the human psyche, are again as evident as ever.
The events in this novel take place during the last few weeks of the Anglo-Boer War. A small group of Boer soldiers departs from the Colony to the Free State to take a traumatised young man back to his home. Two of the men, Reitz Steyn and Ben Maritz, are scientists, and the novel focuses on their experiences. The suffering and hardships of the war left its mark on this little group, and especially Reitz and Ben are increasingly aware of the futility of it all. On their way they are apprehended and held in a strange camp by other Boers. After they have been wounded during the execution of a mysterious assignment Reitz and Ben are cared for by three women on a nearby farm. Their stay with these women offers a chance for healing in more than one respect. An impressive novel written with an understated poignancy and drama about the futility of war.
A remarkable novel by one of the most important Afrikaans writers of our time. The Afrikaans edition, Die boek van toeval en toeverlaat, has already won three major literary awards. Two of the novel's most important themes are loss and concealment: A woman goes to Durban to assist in an Afrikaans language preservation project. Then her cottage is burgled and her beautiful collection of shells is missing. Her determined search for her shells becomes interwoven with her work and the people she gets to know, especially her new friend, Sof. And in the process she also reflects on her life - her childhood, her family, her lovers before her marriage, her ex-husband, her current lover.
Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van 'n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe - herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat 'n terapeut sal se. Agter elke verlies le 'n vroeer verlies. Die verlies van my skulpe is 'n voorwendsel ('n jakkalsdraai, 'n verbloeming en bewimpeling) 'n poging van die geslepe psige om die vroeer, pynlike verlies te verdoesel.
Karolina Ferreira, an entomologist, goes to a small Free State town to do research on the survival strategies of a rare moth species. The elusive moth is the story of a woman amongst men. Karolina stays in the local hotel where she meets up with some fascinating - mostly male - characters - the enigmatic lawyer, Pol Habermaut; the lecherous lieutenant Kieliemann; the inscrutable town magistrate; the destructive captain Gert Els; the wealthy but suicidal farmer, Tonnie de Melck. During the day Willie September, a natural healer, introduces Karolina to the mysteries of the drought-stricken veld. At night she is introduced and exposed to the town's political intrigue and power games while playing snooker, drinking whiskey in the ladies bar, and dancing the tango with a certain Mr Kolyn, who may or may not be a police informer.
While researching a resilient moth, Karolina spends her evening playing snooker and drinking whisky, and her nights plagued by erotic dreams. As political, spiritual, and sexual tensions in the small town rise, a murder will take place, lovers will meet in the cemetery, and friendships will fall apart--all building to an eruption of violence. Winner of the 1994 M-Net Prize.
Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.
|
You may like...
|