0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (2)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All departments

Leroux - 'n Lewe (Afrikaans, Hardcover): J C Kannemeyer Leroux - 'n Lewe (Afrikaans, Hardcover)
J C Kannemeyer
R72 Discovery Miles 720 Shipped within 10 - 15 working days

Etienne Leroux word steeds beskou as een van die grootste skrywers wat die Afrikaanse literatuur opgelewer het. J.C. Kannemeyer se biografie oor hierdie geheimsinnige en dikwels omstrede figuur behels meer as 地 magdom waardevolle inligting. Dit is ook 'n persoonlike beskouing van Leroux, die mens, sy politieke opvattings en sy siening van sensuur. 'n Fotoseksie waarin skaars foto's van Leroux, sy familie en medeskrywers opgeneem is, verryk die biografie en dra by tot 'n boeiende portret van 地 hoogs verwikkelde en enigmatiese man.

Die Siel Van Die Mier (Afrikaans, Paperback): Eugene N. Marais Die Siel Van Die Mier (Afrikaans, Paperback)
Eugene N. Marais; Edited by J C Kannemeyer
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Sedert die tweede druk van die tweede uitgawe in 1975 was Die siel van die mier egter slegs as 地 skaars tweedehandse eksemplaar beskikbaar. Hierdie uitgawe is verryk deur 地 inleidende besinning oor die vraag of Maeterlinck, die Belgiese Nobelpryswenner, Marais se teorie oor die termietnes as organiese eenheid oorgeneem het. Origens blyk dit uit die verskillende drukke en uitgawes hoe Afrikaans in die jare twintig van die twintigste eeu nog op weg was om 地 wetenskaplike woordeskat te vind en die addendum bevat artikels wat vandag slegs met moeite uit ou tydskrifte en koerante opgediep kan word.

Hannes Van Der Merwe - Argitek En Skrywersvriend (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): J C Kannemeyer Hannes Van Der Merwe - Argitek En Skrywersvriend (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
J C Kannemeyer
R24 Discovery Miles 240 Shipped within 10 - 15 working days

Met die 堵root vyf wolkekrabbers in die stadskern wysig Hannes van der Merwe saam met ander, in die jare sestig en sewentig, die luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou, die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Maar Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het selfs op sy dag 地 bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en joernaliste Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillie en Izak de Villiers waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.

Ek Ken Jou Goed Genoeg - Die Briefwisseling Tussen N.P. Van Wyk Louw En W.E.G. Louw 1936 - 1939 (Afrikaans, Paperback): J C... Ek Ken Jou Goed Genoeg - Die Briefwisseling Tussen N.P. Van Wyk Louw En W.E.G. Louw 1936 - 1939 (Afrikaans, Paperback)
J C Kannemeyer
R225 Discovery Miles 2 250 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie kosbare briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw is 地 belangrike bron vir navorsing na die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde en waardevolle dokumente vir 地 studie van die intellektuele geskiedenis van die Afrikaner. Die teks is voorsien van sowel verhelderende annotasies as 地 bondige, besonder knap en maklik leesbare inleiding. Dit is 地 vlees-en-bloed-weergawe van al die vertwyfeling, frustrasies en emosionele probleme wat N.P. van Wyk Louw die hoof moes bied terwyl hy aan sy belangrikste bydraes gewerk het. Sommige van sy mees oorspronklike standpunte oor die bestaanstryd van Afrikaners en Afrikaans kom hier die eerste keer voor.

Die naamlose muse (Afrikaans, Hardcover): J.D. Kestell Die naamlose muse (Afrikaans, Hardcover)
J.D. Kestell; Illustrated by J C Kannemeyer
R20 Discovery Miles 200 Shipped within 10 - 15 working days
Briewe Van W.E.G. En N.P. Van Wyk Louw 1941-1970 (Afrikaans, Hardcover): J C Kannemeyer Briewe Van W.E.G. En N.P. Van Wyk Louw 1941-1970 (Afrikaans, Hardcover)
J C Kannemeyer
R267 Discovery Miles 2 670 Shipped within 10 - 15 working days

'n Versameling briewe van die broers W.E.G. en N.P. van Wyk Louw. Die briefwisseling tussen Van Wyk en W.E.G. Louw vanaf 1941 tot met Van Wyk Louw se dood in 1970 strek oor 'n periode van bykans dertig jaar. Die korrespondensie tussen die twee broers, waarby ook enkele briewe van Truida Louw aansluit, beslaan 'n totaal van 226 briewe, poskaarte en telegramme en foto's ingesluit.

J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback): J C Kannemeyer J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback)
J C Kannemeyer
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Al is die Nobelpryswenner J.M. Coetzee wereldwyd as romanskrywer en letterkundige bekend, was daar nog geen omvattende biografie oor hom nie. Vir J.M. Coetzee: 'n Geskryfde Lewe het J.C. Kannemeyer, wat veral vir sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis in twee dele asook verskeie biografiee van Afrikaanse skrywers bekend is, die samewerking van Coetzee self gehad.

Coetzee het onderhoude aan hom toegestaan, en Kannemeyer met familielede, vriende en kollegas in aanraking gebring. Coetzee het hom ook toegang tot 'n aansienlike aantal dokumente in sy private besit gegee. Voorts het Kannemeyer die geweldig omvattende literatuur oor Coetzee bestudeer en op inligting afgekom wat nie tevore ontgin is nie. Kannemeyer het hierdie biografie voor sy skielike heengaan op 25 Desember 2011 voltooi, en Michiel Heyns het dit uit Afrikaans in Engels vertaal. Die boek is 'n reis deur Coetzee se lewe, en begin met 'n ondersoek na sy geslagsregister. Daarna kom sy kinderjare in Kaapstad en Worcester onder die loep. Na 'n beskrywing van sy skooljare word sy loopbaan, van sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad en sy tyd as rekenaarprogrammeerder in Brittanje, uitgele. Hierna het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Texas in Austin verwerf, en daarna was hy drie jaar lank 'n lektor aan die New Yorkse Staatsuniversiteit in Buffalo.

Sy deelname aan vreedsame versetoptrede teen die teenwoordigheid van die polisie op die Buffalo-kampus het daarop uitgeloop dat sy aansoek om 'n visum vir verdere verblyf in daardie land geweier is, en hy moes na sy geboorteland terugkeer. Met sy terugkeer in 1971 is Coetzee as lektor in Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en vir die volgende dertig jaar het hy 'n vermaarde akademiese loopbaan geniet. Onder meer was hy besoekende hoogleraar aan universiteite in die Verenigde State, en het hy ook talle lesings en voorlesings by 'n groot verskeidenheid konferensies en instellings gelewer.

Sy eerste roman, Dusklands, het in 1974 verskyn, en is gevolg deur etlike romans wat hom as 'n vooraanstaande romanskrywer in Engels gevestig het. Vir die eerste keer openbaar hierdie biografie inligting oor 'n outeur wat nie net by uitsondering onderhoude aan joernaliste toestaan nie, maar ook baie swygsaam oor sy private lewe is. Die biograaf het 'n geleentheid gekry om talle wanopvattings wat steeds bestaan, reg te stel, en inligting te voorsien wat lig op die ontstaan en implikasies van die romans werp. Die biografie is in wese 'n onontbeerlike bron vir almal wat hulle met die werk van J.M. Coetzee bemoei.

Briewe Van Peter Blum (Afrikaans, Hardcover): J C Kannemeyer Briewe Van Peter Blum (Afrikaans, Hardcover)
J C Kannemeyer
R267 Discovery Miles 2 670 Shipped within 10 - 15 working days

Briewe van Peter Blum bevat briewe wat die digter tussen 1955 en 1966 aan literere persoonlikhede van sy tyd geskryf het. Die briewe van die digter Peter Blum, wat beskou word as die voorloper van Breyten Breytenbach, is geskryf aan bekende letterkundiges soos D J Opperman, W E G Louw, Van Wyk Louw, Ernst Lindenberg, Jan Rabie, Uys Krige, Barend Toerien.

J.M. Coetzee - a life in writing (Hardcover, New edition): J C Kannemeyer J.M. Coetzee - a life in writing (Hardcover, New edition)
J C Kannemeyer; Translated by Michiel Heyns
R818 R632 Discovery Miles 6 320 Save R186 (23%) Shipped within 7 - 12 working days

J.M. Coetzee- a life in writing is the first biography of Nobel prize-winning author J.M. Coetzee. A global publishing event of the rarest kind, the book has been written with the full co-operation of Coetzee, who granted the author interviews, and put him in touch with family, friends, and colleagues who could talk about events in Coetzee's life. For the first time, Coetzee allowed complete access to his private papers and documents, including the manuscripts of his sixteen novels. J.C. Kannemeyer has also made a study of the enormous body of literature on Coetzee, and through archival research has unearthed further information not previously available. The books deals in depth with Coetzee's origins, early years, and first writings; his British interlude from 1962 - 65; his time in America from 1965 - 71; his 30 years back in South Africa, when he achieved international recognition and won the Booker prize; and his Australian years since 2002, during which time he won the Nobel Prize in Literature. J.M. Coetzee- a life in writing is a major work that corrects many of the misconceptions about Coetzee, and that illuminates the genesis and implications of his novels. This magisterial biography will be an indispensable source for everybody concerned with Coetzee's life and work.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Plantronics Backbeat Pro 2 Wireless…
 (29)
R5,999 R4,999 Discovery Miles 49 990
Xiaomi Mi Box S 4K TV Smart Box (Black)
 (5)
R1,499 R1,199 Discovery Miles 11 990
ECO Melange Poly Canvas Backpack (Grey)
R415 Discovery Miles 4 150
Starlink: Battle for Atlas - Starter…
R1,299 R399 Discovery Miles 3 990
Starlink: Battle for Atlas - Pilot Pack…
R179 R129 Discovery Miles 1 290
Microsoft Xbox One X Console…
 (34)
R8,999 R7,999 Discovery Miles 79 990
BlackCherry Hessian Saddle Cross Body…
R299 R209 Discovery Miles 2 090
3 Doodler Start Blocks Assorted
R389 Discovery Miles 3 890
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R297 R230 Discovery Miles 2 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R297 R230 Discovery Miles 2 300

 

Partners