Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 25 of 29 matches in All Departments
Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste
verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd
Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns
en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En
vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op
Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme
deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .
Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te
kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand
is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswêreld, en selfs
Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk
dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns
en egte vriende nodig hê terwyl hy Voldemort se donkerste geheime
ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op
hom wag . . .
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot
stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone
jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van
Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sê hy is op Harry se
spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood
in Harry se teeblare . . . Maar miskien is die vreesaanjaendste ding
van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer . . .
Zany Zack voer 'n skrikbewind by VERI HAPPI KIDZ, die videospeletjiesfabriek. Met die hulp van 4 bose oumas van die Huur-'n-Ouma agentskap word kinders ontvoer en gedwing om dag en nag te werk. Maar gelukkig is daar ook oumas soos ouma Hester, Tian en Lisa se ouma. Haar Getaway-kar se wapens skrik vir niks en Tian en Lisa leer hoe om elke vernuftige toestel te gebruik in hul stryd teen die bose oumas. Die vakansie gaan beslis onvergeetlik wees!
Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat
ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te
droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol
Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te
ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet
lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . .
. Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit
dalk net oorleef . . .
Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.
Ouens is nes ekstra bagasie
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag . . .
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart klop muffins laat die ou met die Franse naam Kat se hart jaag. Maar wat is Pierre se donker geheim?
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met olifante se toiletgewoontes uit te waai? Maak gereed, want ouma Hester, Tiaan en Lisa is in die Krugerwildtuin . . . en die spaanders gaan spat!
Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige
brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n
ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal
vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die
verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die
Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op
die punt om te begin!
Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin . . .
The Oxford successful read about indigenous knowledge series was designed to develop learners understanding of indigenous peoples, their languages, cultures and heritage. Through a selection of non-fiction readers, the series aims to inspire learners to read about, speak about and write about the values, needs, views and rights of indigenous peoples in our diverse country. While reading, learners will become aware of the significant role of indigenous peoples, their cultures, beliefs and heritage. These are examined in the context of sustainable development and the development of all the cultures and languages in our country. The titles in this series present an interesting collection of the indigenous knowledge related to each learning area in the intermediate phase. The series also inspires learners to give creative responses to the texts they have read in the form of activities, projects and research. Teachers and parents are advised on ways to help learners with this. This series will be enjoyed by all learners in the intermediate phase and beyond. It has been designed to be accessible to learners whether English is their home language or an additional language.
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum
in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die
Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks
poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul
visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende
tekste wat ryklik geïllustreer is.
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees!
Hierdie stories is spesiaal vir Suid-Afrikaanse kinders geskryf! Die stories handel oor kinders se daaglikse ervarings, asook oor verbeeldingryke fantasiee uit hulle droomwereld. Volwassenes (indien hulle enigsins in die stories na vore kom), verskyn saam met die kinders wie die hoofkarakters in hierdie opwindende reeks is. Ons word groot Vlakke 1, 2 en 3 is beskikbaar in in Xhosa, Zoeloe, Sotho, Tswana, Pedi, Ndebele, Tsonga, Swazi en Venda. Hierdie reeks is ook beskikbaar in Engels en Afrikaans sodat lesers die genot kan ervaar om suksesvol in `n addisionele taal te lees! |
You may like...
|