|
|
Showing 1 - 8 of
8 matches in All Departments
Wonder jy ook soms hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur? Waar is
God wanneer goeie mense ly?
Ons kan soveel leer uit die verhaal van Job. In Wanneer God stilbly: 'n
7-week-Bybelstudie oor Job verduidelik Johan Smit dat ons, net soos
Job, soms ook te staan kom voor tragedies en die ontnugterende gevolge
daarvan.
Hierdie Bybelstudie lig in 7 studies die belangrikste temas uit die
boek Job uit, soos:
• Waarom gebeur slegte dinge met my?
• Is lyding die straf op sonde?
• Waar kan ’n mens wysheid vind?
• God praat op verskillende maniere.
Johan Smit sluit die Bybelstudie af deur vir gelowiges vandag die doel
van lyding te verduidelik, hoe lyding in die Christen se lewe lyk en
hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.
Wanneer God stilbly is ’n hoopvolle bevestiging dat die lewende God
vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike
omstandighede.
Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke
Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar
ontmoet.
Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou
Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal
waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met
Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe
maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring.
Die 200 stories in Die klassieke Kinderbybel-storieboek bied Bybelse
waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke
illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees
onvergeetlik sal maak.
Het dit al met jou gebeur dat 'n verhouding stukkend gebreek is
deur die verkeerde woorde? Wil jy graag die kosbare mense in jou
lewe koester met die regte woorde uit jou hart en mond? Laat die
skrywer jou dan leer om met gesonde verstand en die regte woorde op
die regte tyd die heel beste uit die lewe en jou verhoudings te
put. As skrywer en oud-predikant ken hy die lewe en die krag van
woorde. Meer nog, hy ken die krag van die Woord wat mense in liefde
aan mekaar kan verbind.
Die oomblik as seerkry, swaarkry en sukkel oor ons pad kom, is ons
eerste gedagte die beskuldiging: “Hoe kan 'n Almagtige God van
liefde so iets laat gebeur?” Seerkry is egter deel van ons bestaan
- niemand kan dit vryspring nie. Elke mens ervaar en verwerk pyn
tog op 'n individuele en unieke manier. In hierdie titel maniere om
pyn te hanteer en te verwerk. Deur sy eie ervaring van pyn en die
verwerking daarvan, en as voorbeeld daarvan bring hy hoop vir mense
wat lei - ongeag in watter stadium van die rouproses 'n mens is -
in die geval waar jy 'n geliefde aan die dood afgestaan het. Hy wys
jou hoe God, in alle seerkrysituasies, by jou is, jou hand vas hou
en jou lei. Die joernaalbladsye wat ingesluit is, bied jou 'n plek
om jou gedagtes, ervarings en seerkry neer te skryf.
|
You may like...
Fish
August Hoeft
Hardcover
R616
Discovery Miles 6 160
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.