|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om
voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van
leesvaardigheid. Daar is ook ‘n Onderwysersgids vir elke graad wat
al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees
suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook
voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle.
Vir Graad 1 en 2 is daar ook ‘n Handleiding vir liedjies en musiek
en ‘n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei
dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die
storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede
terselfdertyd verwerf word.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.