|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling
uit drie Gelofte-"oorkondes": (1) Die Kommandantsverslag in die
(tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na
die Bloedrivier-veldslag; (2) Die Kommandojoernaal binne enkele
maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en (3) Cilliers se
sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede
gepubliseer. ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook
gedeeltelik behoue gebly.) Vir die heel eerste keer word al die
Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe, noukeurig en volledig
in 'n enkele bundel weergegee, saam met al die redaksionele
kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het. Na
elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die
vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee, naamlik van
daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat. Die bundel
sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en
met die gangbare weergawe vergelyk word.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.