|
Showing 1 - 25 of
267 matches in All Departments
On 10 June 1980, during a seemingly endless day of bloody fighting, 13
men of the South African Defence Force died and several more were
wounded after 61 Mechanised Infantry Battalion Group attacked a vast
complex of Swapo military bases in Angola.
During Operation Sceptic second lieutenant Paul Louw led his platoon in
four Ratel infantry fighting vehicles to a battleground called
Smokeshell. In the ensuing chaos of that day 12 national servicemen of
his platoon of 44 were killed and he himself was wounded. In a separate
incident during the fighting his company second-in-command was also
slain. One of his troops, 18-year-old HP Ferreira, was shot through the
pelvis by a 14,5 mm anti-aircraft round and also hit by AK-47 bullets.
Louw spent the night drenched in the blood and guts of his men,
hunkered down with a handful of other survivors in a Ratel destroyed by
an RPG 7 rocket, isolated from the rest of the South African attack
force.
Blood Brothers records the dramatic events that took place in Angola
that day, in the words of the survivors of the battle. It investigates
the human cost of war after the last shots have been fired and follows
the veterans as they return to the battleground four decades later in
search of peace.
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons
geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco
Caforio, ouddienspligtige
Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder
die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en
etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van
Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.
Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in
vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei.
In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy
peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy
troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur
sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het
wonderbaarlik oorleef. Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy
klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n
Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny
van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou
sien opkom nie.
In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die
geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste
skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die
operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou!
Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
This book reconciles two divergent worlds for the beleaguered
quality manager. The first is that of quality and managerial fads,
promoted by quality professionals and the quality 'industry' - with
its seminars, certification programs and the pressures of an ever
increasing number of international standards, state and national
legislation and powerful corporations. The second is a virtual
antithesis to this world of mission statements, quality policies,
procedures and statistical techniques, and is embodied in the
international phenomenon that is the Dilbert (TM) cartoon strip.
Across America and Europe millions of ordinary employees revel in
the truths that are exposed concerning corporate absurdities and a
blind reliance upon acronym-laden quick-fixes.
Here you will find the gap bridged between the vast literature of
quality fads (including the recent tranche of international
standards) and that more humorous portrayal of these worlds. The
origins of today's quality ideology and industry is traced,
followed by a description of how the quality profession
popularizes, promotes and ultimately benefits from the fads that
come and go. Finally it is shown that despite the propaganda of the
profession, there is a separate reality to "quality" and that
management principles in this field can only ever be a small
limiting factor in corporate success.
Addresses a vital aspect of Supply-chain Management, one of todays
hottest management topics
From a widely and internationally published quality author and
professional
The "Emperors Clothes" for the Quality profession
"Sponsored by the Zentralinstitut feur Biochemie und Biophysik."
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel
volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad
6 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die
onderwyser se onderrigtaak deur; te fokus op kommunikatiewe en
teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en
kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en
kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens
eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die
Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor
die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; 'n bruikbare
onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne
vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende
formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes
en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en
verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse
by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir
elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir
leeraktiwiteite; 'n CD waarop aanvullende hulp- en organisatoriese
take, asook A2-grootte plakkate en idiome Ons weet die Piekfyn
Afrikaans-sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die
KABV ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en volkleur gratis
beskikbaar te stel.
Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as
Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en
volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die
taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met die
van ander vakke geintegreer sodat die kennis wat leerders opdoen,
hulle ervaringswereld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir
Graad 7. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die
taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte,
strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander
lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word
deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en
hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief,
vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n
neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders
vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans
Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde
vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! Goedgekeur vir
die Nasionale Katalogus (KABV).
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel
volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad
4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die
onderwyser se onderrigtaak deur: te fokus op kommunikatiewe en
teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en
kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en
kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens
eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die
Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor
die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig; ’n bruikbare
onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne
vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; ’n omvattende
formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes
en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien; beplanning en
verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse
by elke aktiwiteit aan te toon; 'n volledige antwoordsleutel vir
elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir
leeraktiwiteite; ’n CD waarop aanvullende hulp- en
ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese
take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis
beskikbaar te stel. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die
onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die
Nasionale Katalogus (KABV).
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Huistaal Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Huistaal, die voorgeskrewe bloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal (Macmillan), ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van elke gedig word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die gedigte verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
|
|