|
|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
In David Goldblatt se boek Some Afrikaners Revisited is daar 'n
foto van 'n berede jong Afrikaner, geneem by 'n Nasionale
Party-viering in 1964. Daardie jong man was in 1990 die eerste lid
van die NP-regering wat verskoning vir apartheid gevra het, en in
November 2009 het hy uitgetree as Menseregtekommissaris. Watter pad
het hom tot hier gelei? En watter pad het Suid-Afrika in dieselfde
tyd geloop? Wessels vertel pakkend van die groot politieke
veranderings wat hy beleef het, as minister in die laaste
apartheidskabinet, as grondwetonderhandelaar en
menseregte-kommissaris. Maar dis 'n groter verhaal wat hy vertel.
"Dit maak my vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat
skeef loop," se hy. "Dit maak my net so vies wanneer mense maak
asof apartheid geen impak het op hedendaagse vraagstukke nie." Met
sy vertrekpunt dat die nuwe Suid-Afrika se grondwet op die aandrang
van Nelson Mandela by Vereeninging onderteken is, waar ook die
Vrede onderteken is wat die Unie tot stand gebring het, vra hy die
vraag hoe ver ons op die weg van vereniging gevorder het. Hy
beantwoord dit aan die hand van vyf groot temas: die regstaat,
menseregte, rassisme, versoening, en armoede. Wessels, wat 'n ver
pad gekom het sedert sy berede dae, praat oorredend en met
ontwapenende eerlikheid oor nasionale en eie dwalings.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.