Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Hoe kan julle steeds in die wolke bly oor jul huwelik as die eise, druk en sleurgang van die lewe julle vasdruk op die aarde? Om brood en botter op die tafel te sit, kan daardie fyn wittebrood laat muf . En tog, 'n gelukkige, vervulde huwelik is juis God se droom vir jou. VRA net daarvoor! Liesel Krause Wiid deel met jou vanuit haar eie huwelik hoe en wat jy vir jou man by elke haakplek en halte op jul pad saam kan bid. Sy raak elke faset van sy manwees en verhouding met jou en jul kinders aan - van glorie en glans tot laagtepunte …Sy werk, ambisie en geldsake. Sy rol as man, pa en leier By elke tema gee Liesel Krause Wiid vir jou verse van krag en hoop uit sy Woord. Gebruik dit, s? dit hardop, sing dit! Sluit sy Beloftes van vernuwing, verdieping en groei in jou huwelik met hierdie sleutels oop. Sy gesondheid en balans. Sy geloof, emosies en ideale. Sy suksesse en mislukkings. Sy verlede en sy toekoms. Sy verhouding met jou en jul sekslewe. Sy op en af dae, selfs depressie. Sy stilstuipe, en obsessie met die selfoon.
Wil jy die lewe geniet en elke dag met oorgawe leef? Elke vrou kom soms tot stilstand en besef dat sy balans in haar lewe moet bring te midde van al die eise wat aan haar gestel word. Hierdie skrywer het die kuns van balans in haar besige lewe bemeester. Met hierdie oudioboek vertel sy eerlik uit haar eie lewe, gee praktiese raad en deel waarhede uit God se Woord sodat jy kan uitstyg bo die harwar van jou besige dag. Gee my vlerke se 12 temas sal jou weer bewus maak van God se plan vir jou lewe. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie CD te luister terwyl jy in jou motor ry of op die rekenaar besig is en jou oop te stel vir God. Hy wil jou graag deur hierdie oudioboek ontmoet!
|
You may like...
Discovering Daniel - Finding Our Hope In…
Amir Tsarfati, Rick Yohn
Paperback
Twice The Glory - The Making Of The…
Lloyd Burnard, Khanyiso Tshwaku
Paperback
|