![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
In hierdie boek wys twee kenners jou hoe om dit reg te kry, met honderde voorbeelde uit tuine van regoor die land. Dit wys jou dat 'n tuin basies 'n kombinasie is van kleur, vorm, tekstuur en groeiwyses - in wese 'n kombinasie van kombinasies. Leer hoe om plante te kombineer wat mekaar aanvul en hul eie harmonie skep en hoe om plante en elemente te kombineer vir enersheid, of vir andersheid. Deur uitgesoekte plante en elemente saam te gebruik, skep jy 'n prentjie wat mooier, treffender en meer skouspelagtig is as wat elk van die gekombineerde elemente individueel sou kon doen. Die skeppende omvang van kombinasiemoontlikhede kan nie gekwantifiseer word nie - as jy jou 'n kombinasie kan voorstel, kan jy dit skep. In Kreatiewe kombinasies word in vier kategoriee na kombinasies gekyk: kleur, vorm en groeiwyse, tekstuur en die tuin en plante se spesifieke omgewing. Daar is meer as 230 foto's om jou te bekoor en inspireer en al die nodige inligting om slim en vindingryk met kombinasies te werk. Vergroot jou tuin se trefkrag deur die beste moontlike gebruik van die kombinasies daarin.
Leer hoe om standbeelde, beeldhouwerk, vaste strukture, waterverfraaiings, fokusplante en veel meer te gebruik om jou tuin pragtig af te rond. Manjifieke foto's van tuine regdeur die land, wat spesiaal vir die boek geneem is, se uitgebreide byskrifte verduidelik hoe jy die geillustreerde effek in jou eie tuin kan verkry. Daar is hope wenke en aanbevelings, dus is die boek nie net 'n visuele inspirasie nie, maar het dit ook 'n skatkis van beproefde, praktiese raad. Die inhoud sluit die volgende in: Paadjies en plaveisel; houers; kleur en die effek wat dit gee; randjies en afwerking; standbeelde en beelhouwerk; oorspronklike idees; ligte en beligting; plante as fokuspunte.
|
![]() ![]() You may like...
Electrophysiology and Psychophysiology…
Veena Kumari, Petr Bob, …
Hardcover
Imagining the Brain: Episodes in the…
Chiara Ambrosio, William Maclehose
Hardcover
R6,579
Discovery Miles 65 790
|