0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments

Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom.

In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop.

Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?

Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.

Vegters (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Vegters (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar. So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer. Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde. Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ...

Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word. Hierdie boek is nie 'n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas. Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.

Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer. Dis'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.

Redigeerder Louis Esterhuizen - ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Syntax of Ellipsis - Evidence from…
Jeroen Van Craenenbroeck Hardcover R2,156 Discovery Miles 21 560
The Wish
Nicholas Sparks Paperback R383 Discovery Miles 3 830
Short Things - Tales Inspired by Who…
Alan Dean Foster, Kristine Kathryn Rusch Paperback R528 Discovery Miles 5 280
The Queer Book of Revelation
Siya Khumalo Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
John Grisham Film Collection - The…
Julia Roberts, Denzel Washington, … DVD  (1)
R483 Discovery Miles 4 830
Droomjagter
Leon van Nierop Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Kong: Skull Island - 4K Ultra HD…
Tom Hiddleston, Brie Larson, … Blu-ray disc R655 Discovery Miles 6 550
Icebreaker
Hannah Grace Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Diagnostic and Interventional Ultrasound…
Stefan Scholz, Marcus D Jarboe Hardcover R4,157 Discovery Miles 41 570
Stabilo Boss Original Highlighter (Red)
R33 Discovery Miles 330

 

Partners