![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments
Ná trauma en verlies vlug Kayla na Dwarskersbos om rigting te soek.
Jack kom ook na die vissersdorpie om oor sy toekoms te besluit. Op die
strand sien Kayla hom elke dag op die rotse, maar steur haar nie aan
hom nie. Toe sy haar voet sny, moet sy Jack se
Al wat Surika Breedt wil hê nadat haar kêrel haar vir ’n ander meisie
gelos het, is ’n rustige Kersvakansie by haar ouerhuis.
As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.
Lumé Gous het ’n spesifieke olie nodig vir die parfuum wat sy maak. Die
enigste plek waar sy dit kan kry, is op Neil Mulder se plaas.
HELD IN BLOU JEANS:
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie. Terug na jou: Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester? Kolwyntjie: Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ... Altyd die strooimeisie: Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?
Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken. Om Ben lief te hê: Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad ... en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet. Om Dirk te tem: Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie. Om Kobus te ken: Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie.
Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie
jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise,
sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike
pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai
en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.
Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in
’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en
jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen
vrywillige werk by die neonatale afdeling van ’n hospitaal om die
honger na haar eie kind te stil.
|
You may like...
Synthesis and Control of Discrete Event…
Benoit Caillaud, Philippe Darondeau, …
Hardcover
R2,777
Discovery Miles 27 770
Learning Within Artificial Worlds…
Harvey Mellar, Joan Bliss, …
Paperback
R1,386
Discovery Miles 13 860
Computing Tools for Modeling…
Manuel Laguna, Jose Luis Gonzalez-Velarde
Hardcover
R5,318
Discovery Miles 53 180
Modeling and Simulation: Theory and…
George A. Bekey, Boris Ja Kogan
Hardcover
R4,177
Discovery Miles 41 770
|