0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Blom Van Sy Hart (Paperback): Marile Cloete Blom Van Sy Hart (Paperback)
Marile Cloete 1
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Christeline is pas terug ná sy haar Doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Rodney mag op die oog af net die mede-eienaar van ’n tuindiens wees en daarby ’n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van ’n blom moet egter nie onderskat word nie.

Veilige Hawe vir die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Veilige Hawe vir die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy ’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.

Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het.

Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Tuiskoms Van Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Tuiskoms Van Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou.

Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie.

Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Rusplek Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Rusplek Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie.

Olivia se pad kruis met dié van Shaun Mouton, ’n professionele, krieketafrigter en hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in ’n oomblik van dwaasheid ’n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik ’n taal van sy eie.

Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het en vind tot sy verbasing troos by Olivia. Die feit dat hulle voorlopig ’n huis moet deel lei tot wrywing, maar stadigaan ook tot dieper begrip. ’n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na ’n rusplek soek.

Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by ‘n kliniek vir geestesgesondheid. Ná ‘n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan ‘n lyntjie te laat hou nie.

Louis Calitz probeer ‘n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg. Boonop steek hy die rede vir sy probleme met mobiliteit vir almal weg en weier om hulp te aanvaar. Marike besef mettertyd dat Louis homself straf vir die dood van sy suster deur die pyn te verduur wat ‘n heupvervanging kan genees.

Louis besluit om vir die operasie te gaan, maar sal dit genoeg wees om sy probleme op te los en sy hart vir Marike oop te maak?

'n Lêplek vir die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete 'n Lêplek vir die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Pre-order

Toe Iris Koopman met haar dogtertjie, Rosie, terugkeer Suid-Afrika toe, loop sy haar vas in haar eksman, Brandon. Sy drinkery het destyds hulle huwelik vernietig en sy wil Rosie beskerm. Maar hulle deel ’n vriendekring en Rosie is dadelik gek oor haar pa.

Toe Brandon haar saamnooi op ’n sakereis na Europa, sê Iris ja. Sy vind uit haar liefde vir Brandon het nooit werklik gesterf nie.

Kan sy dit waag om haar hart ’n tweede keer vir hom te gee?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Shield Mr Fix-It Tubeless Repair Kit
R80 Discovery Miles 800
Amos Red Glue Stick (8g)
R287 Discovery Miles 2 870
Hoover HSV600C Corded Stick Vacuum
 (7)
R949 R877 Discovery Miles 8 770
An Introduction To Scholarship…
Cheryl Siewierski Paperback  (2)
R360 Discovery Miles 3 600
Bostik Super Clear Tape on Dispenser…
R44 Discovery Miles 440
Pamper Fine Cuts in Gravy - Chicken and…
R12 R11 Discovery Miles 110
Alcolin Mounting Tape 40 Square Pads…
R41 Discovery Miles 410
Dala Craft Pom Poms - Assorted Colours…
R34 Discovery Miles 340
Bestway Spiderman Swim Ring (Diameter…
R48 Discovery Miles 480
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840

 

Partners