0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Donker Water (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Donker Water (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) Pre-order

Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.

Losprys (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Losprys (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is.

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.

Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?

Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.

Donker Spoor (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Donker Spoor (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tienermeisies verdwyn die een na die ander. Hulle word gevind: eers gemartel en toe gehang. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Magson jag maak. Maar agter hom loop ’n donker spoor.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
A Few Days in Athens - Being the…
Frances Wright Paperback R409 Discovery Miles 4 090
RLE: Japan Mini-Set E: Sociology…
Various Hardcover R29,632 Discovery Miles 296 320
The Mayans Developed a Calendar…
Baby Professor Hardcover R648 Discovery Miles 6 480
Nubian Kingdom (1000 BC) - Culture…
Baby Professor Hardcover R647 Discovery Miles 6 470
The Roman-Jewish Wars and Hebrew…
D. Aberbach Hardcover R1,628 Discovery Miles 16 280
Hieroglyphics - Writing in Ancient Times…
Baby Professor Hardcover R647 Discovery Miles 6 470
The History of Ancient America, Anterior…
George Jones Paperback R655 Discovery Miles 6 550
Geography of Ancient Egypt Ancient…
Baby Professor Hardcover R648 Discovery Miles 6 480
Windows into Zimbabwe - An Anthology of…
Franziska Kramer, Kramer Jurgen Hardcover R1,156 Discovery Miles 11 560
The Histories Book 7 - Polymnia
Herodotus Herodotus Hardcover R477 Discovery Miles 4 770

 

Partners