|
Showing 1 - 4 of
4 matches in All Departments
A silk scarf has a special allure, embodied in its lustre and sheen
in the light and the soft, silky feel of the luxurious fabric
against your skin. Though feather-light it is wonderfully warm in
winter and a fantastic sunscreen in summer. This book teaches you
how to colour and print your own silk scarves, achieving fabulous
finishes. With 50 patterns and colourways to choose from, you can
ensure that you always have the perfect accessory for any event or
outfit, and enjoy the thrill of telling people that you have made
it yourself when they compliment you on it. The techniques in this
book are simple enough for a beginner to master, yet offer lots of
creative ideas for experienced colour crafters. All the scarves are
rated in terms of production time and level of difficulty, giving
you ample opportunity to practise the different skills involved on
easier projects before tackling more challenging finishes. Each
project is explained clearly with step-by-step instructions and
photographs, showing you how to create a wide range of stunning
colour effects. Recycled printing with found objects make up a
substantial section of the book, and you will be amazed at the
results you can achieve by using simple everyday items for
printing. Also learn how to make your own lino blocks for printing,
compose eye-catching designs and plan colour mixes that will dazzle
and delight.
'n Syserp het 'n besondere aantrekkingskrag danksy die lieflike
glans, skitterende kleure en die sagte, sygladde gevoel daarvan
teen jou vel. Al is dit veerlig, is dit heerlik warm in die winter,
maar bied tog uitstekende beskerming teen die son in die somer. Met
hierdie boek kan jy leer om jou eie syserpe te kleur en te druk en
so fantastiese afwerkings te skep. Met 50 verskillende patrone en
kleursamestellings om uit te kies, kan jy seker maak dat jy altyd
die perfekte bykomstigheid vir enige uitrusting of geleentheid het,
en wanneer mense jou daaroor komplimenteer, hulle trots vertel dat
jy dit self gemaak het. Die tegnieke in die boek is eenvoudig
genoeg vir groentjies om baas te raak, maar bied genoeg kreatiewe
alternatiewe vir ervare kleurkunstenaars. Daar is by elke serp 'n
aanduiding van die gevorderd-heidsvlak en tyd wat dit sal neem,
sodat jy met eenvoudiger projekte kan oefen voor jy meer gevorderde
afwerkings aanpak. Elke projek word met duidelike stap-vir-stap
aanwysings en foto's gedemonstreer en leer jou om 'n verskeidenheid
lieflike kleurafwerkings te verkry. Drukwerk met gebruiksvoorwerpe
maak 'n groot deel van die boek uit, en jy sal verstom wees om te
sien watter fantastiese voorkomste jy met alledaagse goed kan skep.
Die boek wys jou ook hoe om linoblokke vir drukwerk te maak en te
gebruik, treffende ontwerpe daarmee te skep en stralende
kleurkombinasies te beplan wat almal sal bekoor, en dek al die
nodige tegniese aspekte van kleur- en drukwerk. Die manjifieke
foto's van die voltooide syserpe sal jou inspireer om sommer
dadelik aan die werk te spring en jou ware kleure te toon!
Lapkleurwerk om interessante patrone en kleure te skep, is 'n
antieke kuns wat eeue lank regdeur die wereld beoefen is en die
afgelope tyd weer met hernude entoesiasme aangepak word. Met
hierdie titel ontsluit kleurkunsdeskundige Melanie Brummer die
ongelooflike moontlikhede van gekleurde lap vir almal met
eenvoudige tegnieke, huishoudelike toerusting en klaargemaakte
klere. Sy neem die knoopkleurtegniek van die Hippie-era tot in die
21ste eeu en wys jou hoe om T-hemde te kleur, ou klere met kleur te
herwin, die mooiste syserpe te maak of om kleurryke modestellings
te maak met klere wat met haar beproefde kleurwerktegnieke versier
is. Met meer as 50 projekte om uit te kies en met die vereiste
vaardigheidsvlak by almal aangedui, is daar meer as genoeg vir die
beginner en die handwerker wat tegnies gevorderd is. Elke projek
word verduidelik aan die hand van duidelike stap-vir-stap
aanwysings en foto's wat jou wys hoe om 'n groot verskeidenheid
wonderlike kleureffekte te skep terwyl pragtige kleurfoto's die
voltooide items illustreer. Die titel verduidelik ook die chemiese
prosesse wat by kleurwerk betrokke is en lei jou deur die tegniese
aspekte van kleur en kleurwerk. Dit sal jou help om jou lewe van 'n
vaal blou baadjie in 'n Josefskleed van reenboogkleure te omskep.
Begin sommer nou eksperimenteer en leef jou uit in jou eie kleure.
|
You may like...
Titanfall
DVD-ROM
(3)
R306
Discovery Miles 3 060
|