|
|
Showing 1 - 6 of
6 matches in All Departments
Milanie Vosloo het een boodskap in hierdie dagboek vir vroue: God het
jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan
uitleef.
Milanie bespreek in Net soos jy is se 366 dagstukke temas soos God se
liefde wil jou seën, Hy het élke faset van jou lief, Hy is lief vir jou
verál wanneer jou hart huil, Hy het álmal lief, Hy wil heeltyd by jou
wees en sy liefde wil jou nuut maak.
Die skrywer sal lesers in Net soos jy is oortuig dat God hulle liefhet,
net soos hulle is. Maar Hy wil elkeen steeds elke dag liewer hê. Daarom
wil Hy ons nie los soos ons is nie, maar help om Hom te leer ken, te
groei en meer en meer soos Hy te word.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd
maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets
moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir
elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met
nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om
vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed
om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware
vrouwees daagliks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou
wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe
weer reguit in die oë te kyk.
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek
waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor
die toekoms?
Topverkoper-outeur Milanie Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel
energie uit ’n vrou tap. Die 366 bemoedigende dagstukkies met ’n
Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed sal vroue opnuut verseker dat
God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk.
Krag vir elke dag moedig vroue aan om hul angs en onsekerheid te
verruil vir God se ewige, onuitputbare krag.
|
You may like...
Jurassic Park
Michael Crichton
Paperback
(2)
R275
R254
Discovery Miles 2 540
|