![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Om jou eie groente en kruie te kweek is ’n nuwe tendens wat voortspruit uit die behoefte om stadiger te leef, te weet waar jou kos vandaan kom en beter na die planeet om te sien. In Begin jou eie groentetuin rus die twee plattelanders jou toe om dit te doen deur die nuutste ontwikkelings in te span – van waterbesparing en permakultuur tot biodinamika en herwinning. En jy hoef nie ’n groot stuk grond te hę nie. Groentetuine kan op balkonne, in vensterbanke en vertikaal teen mure aangelę word. Leer hoe om kompos te maak, watter plante droogtebestand is en watter plante nie saam geplant moet word nie, in watter streek en seisoen watter plante aard, hoe om water op te gaar en weer te gebruik asook wat vir onkruid- en pesdoders ingespan kan word. Die skrywers se raad: deel jou kennis en leer uit mekaar se foute. Dit maak die eerste groente-oes soveel lekkerder!
Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he". Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wereld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, ne. Nou vra Tafelberg opnuut 'n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgese nie: Daar's ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .
|
![]() ![]() You may like...
Country Doctor - Hilarious True Stories…
Michael Sparrow
Paperback
![]()
|