![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemanne hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom.
Meer en meer van die grutonele word ontdek, in 'n populierbos op die Vrystaatse platteland, in 'n vervalle huis in 'n Johannesburgse voorstad, dan in 'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van 'n tak of 'n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors 'n lys oortredings met daarby die embleem van 'n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem. Suspisie jeens 'n geliefde kollega is die keer superintendent Pine Pienaar se groot kopseer. Sy Goudveldse kollega Jan du Plessis s'n was 'n lang ruk 'n stywe knie, maar nou is dit die verdwyning van die een jong Goudveldse meisie na die ander, en die ontdekking op 'n plaas naby Wesselsbron van drie lyke wat van 'n boomtak hang. Iewers tussen die Goudstad se mynhope en die Goudveld se slymdamme le die antwoord op die jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.
Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geeindig het, en terug in sy verlede in. In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, 'n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwereld, in 'n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.
|
![]() ![]() You may like...
The Knowledge Triangle - Changing Higher…
Dirk Meissner, Leonid Gokhberg, …
Hardcover
R4,592
Discovery Miles 45 920
|