![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Meer en meer van die grutonele word ontdek, in 'n populierbos op die Vrystaatse platteland, in 'n vervalle huis in 'n Johannesburgse voorstad, dan in 'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van 'n tak of 'n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors 'n lys oortredings met daarby die embleem van 'n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem. Suspisie jeens 'n geliefde kollega is die keer superintendent Pine Pienaar se groot kopseer. Sy Goudveldse kollega Jan du Plessis s'n was 'n lang ruk 'n stywe knie, maar nou is dit die verdwyning van die een jong Goudveldse meisie na die ander, en die ontdekking op 'n plaas naby Wesselsbron van drie lyke wat van 'n boomtak hang. Iewers tussen die Goudstad se mynhope en die Goudveld se slymdamme le die antwoord op die jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.
Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geeindig het, en terug in sy verlede in. In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, 'n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwereld, in 'n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.
|
You may like...
Who Was Jesus and What Does It Mean to…
Nancy Elizabeth Bedford
Paperback
Faith, Life, and Learning Online
Brant M Himes, John W Washatka
Hardcover
|