|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!”
Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar
sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op
sy bord.
Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout.
’n Groot fout.
Want ’n rilling rol deur sy hele lyf.
Sy ore slaan toe.
Sy lyf voel warm en koud gelyk.
En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog
nie die ergste nie ... hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê?
BEGIN HY STEMME HOOR?!
Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die
damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil
niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig
kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie ...
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.