Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Alice se Ierse sprokie:
Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?
Izabel Blomerus, oftewel Belle, eienares van ’n blommewinkel in Potchefstroom, stoei nie net met die trauma van ’n dronk pa wat haar as kind verwerp het nie, maar ook met ’n eggenoot wat haar vir haar beste vriendin verlaat het. Haar romantiese hart glo egter steeds dat die liefde wel bestaan. Haar blomme en drome om eendag haar eie blommeplaas te besit, hou haar gefokus en siel bymekaar. Toe sy tydens haar eks se verlowingspartytjie ’n semi-ineenstorting beleef, kom ’n wildvreemdeling tot haar redding; een met smeulende oë en ’n diep lag wat haar wys ’n mens kán weer opstaan. Killian Potgieter stoei egter innerlik met sy eie seer wat baie ooreenstem met dié van Belle. Ongelukkig is hy ook die een wat al die snellers van haar traumatiese verlede een vir een laat afgaan en haar hartseer laat toeneem. Moet sy nie liewer iemand vermy wat negatiewe emosies in haar ontlok nie? Of is die liefde sterk genoeg om die seer te genees en nuwe drome lewe te gee?
Gaan Steffie se roekeloosheid haar hierdie keer beloon? Steffie Fritze, eienaar van 'n mobiele troeteldierspa wil beslis nie op die rak bly sit nie, maar haar pogings om die regte lewensmaat te kry, loop telkens op 'n ramp uit. Toe haar pad met die van speurkaptein Ivan von Beneke kruis, is sy in groot moeilikheid, nie net met die gereg nie, maar ook omdat sy blote aanraking haar hartritme roekeloos aantas. Probleem is: hy dra steeds sy oorlede vrou se trouring en klou vas aan haar vlekkelose nagedagtenis. Steffie is die teenoorgestelde van sy oorlede vrou en bots heeltyd met die gereg. Sy bly hoopvol, want Ivan se Duitse herdershond, Max, is darem gaande oor haar. Die verhaal het die perfekte balans tussen humor en deurnis. Dit ondersoek verlies as tema, maar is ook 'n verhaal van hoop en tweede kanse.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
Ná emosionele terugslae sukkel Kelly Logan, internasionaal bekroonde
skrywer, om haar nuutste misdaadroman te voltooi.
|
You may like...
The South African Guide To Gluten-Free…
Zorah Booley Samaai
Paperback
What The Fat? - How To Live The Ultimate…
Grant Schofield, Dr. Caryn Zinn, …
Paperback
(1)
|