0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Pienk Tonic Vir Die Liefde (Paperback): Rina Cilliers Pienk Tonic Vir Die Liefde (Paperback)
Rina Cilliers
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde kan soms ‘n onverwagse wending neem

Fea Furstenburg besluit impulsief om te bedank by die gewilde Wiehahn Dierekliniek. Ongelukkig lei dit daartoe dat haar verhouding met die skatryk Marius Wiehahn skipbreuk ly. Voordat sy die kliniek se stof finaal van haar voete afskud, ontmoet sy ‘n vreemdeling met blou oë en ‘n weerlose mond in ‘n perdestal wat ‘n vreemde emosie in haar wakker maak.

Fea begin ‘n nuwe lewe as veearts in ’n rehabilitasiesentrum op ’n wildsplaas vol verrassings en uitdagende ervarings Tot haar verbasing erken sy die aantreklike plaaseienaar, Steph, as die vreemdeling in die perdestal. Net toe hul verhouding begin ontwikkel, daag Marius skielik uit die bloute op en bied sy onvoorwaardelike liefde aan haar.

Na ‘n vreesaanjaende nag tussen wilde diere en die bedrywighede van ‘n sindikaat wat vir Fea aan smokkelhandel verbind, kry sy sekerheid oor die liefde en aan wie haar hart behoort.

Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg.

In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Vlug van die Berghaan (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Vlug van die Berghaan (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Olivia Welgemoed se toekoms lyk rooskleurig: Sy is ’n mediese dokter met ’n suksesvolle praktyk en verloof aan ’n predikant met ’n gemeente wat uitsien na ’n lojale predikantspaar.

Dan kom haar pa, ’n bekende dokter van die Noord-Kaap, skielik tot sterwe. Asof sy ná ’n skeepsramp alleen in ’n reddingsboot sit, reik alle hande na haar vir hulp: haar verloofde, haar stiefma, haar stiefbroer en ’n gesondheidskliniek wat oorstroom ...

Op haar erfgrond, Koepelplaas, is daar boonop ’n vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Hy lyk soos ’n boemelaar en word haar grootste probleem.

Beskik Olivia werklik oor die spirituele eienskappe van die berghaan soos wat die mense sê? En sal sy tussen al haar probleme en verantwoordelikhede kan leer onderskei tussen plig en ware liefde?

Locum Op Ski's (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Locum Op Ski's (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Dat Yentl Beylstra as tweejarige 'n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met 'n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in 'n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van 'n klomp koggelende matrieks gered.

Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde. Jare later, na 'n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in 'n tandartspraktyk in Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus - die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel.

Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen 'n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.

Matrone Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Matrone Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Charlotte Beyers doen aansoek vir ‘n pos as matrone by die indrukwekkende Shalom Verpleegkundige Kliniek. Sommer met die intrapslag spring sy en die formidabele baas van die kliniek op ‘n verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ‘n matrone behoort te lyk nie, verál nie toe sy met ‘n Harley by die kliniek arriveer nie.

Wie weet hoeveel tatoeërmerke onder die sexy leeruitrusting verberg word? Gaan Charlotte haar man kan staan teen die aanvanklike teëstand van die personeel, en veral die antagonisme van haar hoofsuster? Gaan sy bestand wees teen die sterk persoonlikheid van haar aantreklike baas, veral as sy bewus word van emosies wat hy in haar ontketen. Gaan sy weer toelaat dat ‘n man beheer neem van haar lewe? Mag sy die een man oordeel aan die hand van ‘n ander man se neiging tot mishandeling?

Eers wanneer sy weer volkome vertroue kry, kan sy die liefde eien en aanvaar.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Lucky Plastic 3-in-1 Nose Ear Trimmer…
R289 Discovery Miles 2 890
Addis Lint Roller Starter Pack
R99 R63 Discovery Miles 630
MyNotes A5 Rainbow Bands Notebook
Paperback R50 R42 Discovery Miles 420
The End, So Far
Slipknot CD R498 Discovery Miles 4 980
Not available
Spectra S1 Double Rechargeable Breast…
 (46)
R3,999 R3,199 Discovery Miles 31 990
Polaroid Fitness Watch With Single touch
R608 Discovery Miles 6 080
Cadac Roll About Dual Panel Gas Heater…
R1,699 R1,614 Discovery Miles 16 140
Shield Fresh 24 Gel Air Freshener…
R31 Discovery Miles 310
Alcolin Cold Glue (125ml)
R46 Discovery Miles 460

 

Partners