|
Showing 1 - 8 of
8 matches in All Departments
Dit is veral die mense van Aranos se wereld wie se stemme in
Kalaharijoernaal gehoor word: die mense wat in die ongenaakbare
wereld langs die Nossobrivier 'n bestaan gemaak het. Maar daar is
ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke,
die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die
sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir die wat
soek, wag daar immers 'n verrassing agter elke duin, so leer die
Kalaharikind vroeg al.
In hierdie bundel loop die skrywer op sy kinderspore terug na die
dorre Kalahari soos dit in die 1930's daaruit gesien het en word
verskeie gebeure en emosies weer opgeroep: 'n lieflinghond wat in
die duinestrate agterbly, 'n verharde pa, ontbering en uiteindelik:
liefde. Onder verskeie prikkelende opskrifte – "Die
Krismishoenders", "Agarob", "Weggooikinders", "Bruilof vir oom
Wessel", "Oubaas Vogelbruck se stompore" – gee die 27 vertellings
'n helder beeld van 'n kind se grootword in die Kalahari. Dr.
Willem D. Kotze is in 1931 op die plaas Texas langs die
Nossobrivier in Namibie gebore. As kind het hy, agter die
karakoeltrop en beeste, sy vader se Kalahariplaas Wilheben
deurkruis.
Die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T’sats-reeks.
T’sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy ’n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen ’n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en ’n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy ’n jong jagter is wat ’n vrou kan vat.
Maar die Kalahari word geteister deur ’n ongekende droogte. Die elande trek weg na groener dele en Tkô!lie se groep moet uitmekaar gaan om te kan oorleef. Só word Tkô!lie en Ta!mi geskei. Hoe gaan Tkô!lie sy eland skiet en weer vir Ta!mi opspoor in die uitgestrekte Kalahari?
Voetspore in die Kalahari is ’n ware Afrika-verhaal, gewortel in
die harde werklikheid van die Kalahari: weergaloos mooi maar ook
meedoenloos wreed. Dis 'n teks ryk aan herinneringe aan ’n
ongerepte wereld en ’n harde maar avontuurlike leefwyse wat min
mense beskore is. Die skrywer gaan terug na sy eerste herinneringe,
meer as vyftig jaar gelede, en sy moeder se vroee dood weens
malaria. Uiteindelik maak ’n bestiering dit vir die jong seun
moontlik om na die hoerskool op Swakopmund te gaan, en so begin sy
spore wegdraai van die rooiduinwereld met sy wuiwende blinkaargras
en groot kameeldoringbome.
Hierdie roman is 'n vervolg op T'sats se wraak (1996), maar ook 'n
onafhanklike verhaal. Soos in Kotze se vorige nege vorige werke
word die Kalahari en sy inwoners met soveel kennis en insig geskets
dat dit as 't ware vir die leser 'n werklikheid word en, hoewel dit
in die eerste plek fiksie is, is dit ryk aan kultuurhistoriese
inligting. In T'sats se kind: Tk!olie vervloei feit en fiksie.
T'sats, die hoofkarakter in verskeie van Kotze se verhale, het as
kind saam met hom skaap opgepas langs die Nossobrivier. Nou word
T'sats se kind Tk!olie (asook twee ander Boesmanjagters), deur die
polisie gevange geneem en na Gobabis gestuur omdat hulle 'n eland –
wat kroonwild is – geskiet het. Die goedhartige magistraat beplan
om Tk!olie saam met die ander twee jagters terug te stuur Kalahari
toe wanneer hulle gevangenisstraf uitgedien is. Intussen moet hy
egter iemand vind om toesig oor Tk!olie te hou, want hy wil ook nie
die minderjarige Boesmankind in die tronk opsluit nie. Magistraat
Van Ryneveld gee hom vir Freek van Staden, 'n boer in die omgewing,
onder die voorwendsel dat hy hom kan hou, aangesien die magistraat
vrees dat die boer hom andersins nie sal inneem nie. Maar voor
Tk!olie-hulle vrygelaat word, vertrek die magistraat op 'n tog na
die Kalahari. Hy gaan om die Kalahariboesmans in te lig oor die wet
aangaande die jag op elande sodat nog arrestasies verhoed kan word.
In die annale van die destydse Suidwes-Afrika, tans Namibie, staan
dit opgeteken dat magistraat Van Ryneveld op 26 Julie 1922 in die
Kalahari deur 'n Boesman – volgens hierdie verhaal die legendariese
T'sats – met 'n gifpyl doodgeskiet is. Voor die magistraat sterf,
skiet hy uit selfverdediging T'sats ook dood. T'sats se kind:
Tk!olie is die verhaal van Tk!olie se wedervaringe en terugkeer na
sy mense in die Kalahari – ten spyte van die feit dat sy Westerse
en ouerlike beskermhere mekaar vermoor. Uiteindelik is hierdie
roman 'n tragiese maar ook humoristiese blik op die misverstande
wat deur kultuurverskille en gebrekkige kommunikasie ontstaan.
|
You may like...
The Northman
Alexander Skarsgard, Nicole Kidman, …
Blu-ray disc
(1)
R210
Discovery Miles 2 100
Ab Wheel
R209
R149
Discovery Miles 1 490
|