0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (12)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments

Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie.

Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok?

Geheim Van Die Gruwel Sand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.

Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

Landuit - Want jy wil mos (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Landuit - Want jy wil mos (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou sniks sags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.

Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.

Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.

'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Zirk van den Berg 'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Zirk van den Berg 1
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie.

En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim.

Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

Die Vertes In (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Die Vertes In (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering.

Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie.

In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.

Die Onsigbare Pou (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Die Onsigbare Pou (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel.

Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom.

Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.

Tweegevreet (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Tweegevreet (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.

Parts Unknown (Paperback): Zirk van den Berg Parts Unknown (Paperback)
Zirk van den Berg
R399 R374 Discovery Miles 3 740 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

German South-West Africa, 1905. A time of war and upheaval. The frail Siegfried Bock comes to the protectorate as a soldier to prove his mettle. But soon he becomes disillusioned when he witnesses atrocities he cannot forget. Lisbeth Löwenstein is here to marry a man she hardly remembers, a settler who has sent money to her impoverished parents in exchange for her hand in marriage. Mordegai Guruseb escapes from a concentration camp where prisoners are dying from deprivation. But before long his freedom is threatened once again.

And then there is failed doctor Albert Pitzer who considers himself a scientist and hopes to gather data that prove his theories. However, Alvaus Luipert, a local schoolmaster, will not stand for his arrogant assumptions and demeaning methods. In the vast, majestic landscape of German South-West Africa, the fates of these five people intertwine and each one’s humanity is tested to the limit.

‘A love letter to a brutal landscape and the tale of one man’s defiance of inhumanity.’ – Harry Kalmer

Half Of One Thing (Paperback): Zirk van den Berg Half Of One Thing (Paperback)
Zirk van den Berg
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R200 Discovery Miles 2 000 Ships in 2 - 4 working days

Gideon Lancaster, a New Zealand soldier fighting for the British, infiltrates a Boer commando. He soon finds himself entangled in a confusion of loyalties as he becomes better acquainted with the men and, worse, falls in love with Esther Calitz, a Boer woman of considerable mettle who demands his loyalty over every other allegiance.

Between Esther and Commandant Jacob Eksteen, his taciturn rival in love and a man of clear black-and-white convictions, Lancaster navigates his way only with great difficulty.

So powerful are the conflicting demands of fidelity and love that he seizes a quixotic opportunity when a large British battalion is mobilised in what is to be the final triumph of the imperial forces.

Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis.

Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring.

Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.

'n Ander Mens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg 'n Ander Mens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R280 Discovery Miles 2 800 Ships in 2 - 4 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle.

En wanneer die voormalige kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na diè van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wie vir hulle soek nie.

Maar sy’t nog nooit ’n getuie soos Daniel Enslin teëgekom nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Conversations With A Gentle Soul
Ahmed Kathrada, Sahm Venter Paperback  (3)
R190 R173 Discovery Miles 1 730
Bank management in South Africa - A…
Johann Coetzee Paperback R952 R842 Discovery Miles 8 420
Influence Empire - Inside The Story Of…
Lulu Chen Paperback R525 R478 Discovery Miles 4 780
The Arts and Crafts of Older Spain
Leonard Williams Paperback R639 Discovery Miles 6 390
Sabotage - Eskom Under Siege
Kyle Cowan Paperback  (2)
R320 R253 Discovery Miles 2 530
Professional Beauty Therapy - Level 3
Lorraine Nordmann Paperback R1,101 R1,045 Discovery Miles 10 450
So, For The Record - Behind The…
Anton Harber Paperback R686 Discovery Miles 6 860
Analysis Of Safety Incidents
Sarel J. Smit Paperback R624 Discovery Miles 6 240
Retail Management - A South African…
N. Terblanche Paperback  (2)
R550 Discovery Miles 5 500
Strategic and performance management in…
Frans Minnaar Paperback R675 Discovery Miles 6 750

 

Partners