|
|
Books > Afrikaans
Showing 1 - 25 of
98 matches in Afrikaans
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie
oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou
lysie afhaal nie.”
Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”
“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer
terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer
die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy
gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk
hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal
so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.
“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan
dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so
uitkyk!”
Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die
stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”
“Met die ys en als?” vra sy.
“Ja … veral met die als.”
“O, ek het dit op YouTube gesien.”
Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”
Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse
aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.
“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.
Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”
Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd
om te waag.
’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo
’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …
Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture
waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou
onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien
kom het nie.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms
nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van
hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te
wees.
Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie
laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties
ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n
gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep
moeilikheid is.
Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet
staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar
aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te
skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy
vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens
vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien,
veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook
telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê
nie!
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog.
Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word.
Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n
dobbelb aas beloof om sy skuld af te betaal.
Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot
haar redding kom met ’n vreemde huweliksaanbod.
Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke.
Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?
Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas.
Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk,
maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou.
Nou is hy ná vyf jaar terug in die distrik en verbasend genoeg steeds
ongetroud. Wilmarié het met haar lewe aangegaan en die skoolhoof stel
deesdae in haar belang.
Nou moet sy besluit of sy vir Dirk kan vergewe en of hulle weer vriende
of dalk selfs meer kan wees.
Louisa het ’n lysie met die eienskappe van haar droomman. Vir daardie
man bid en wag sy.
Haar mede-onderwyser, Bernard, het nie donker hare en blou oë soos
Louisa se droomman nie. Boonop loop hy ná ’n slegte ervaring maar lig
vir meisies.
Toe hulle saam op ’n skooltoer na die Karoo gaan, leer Bernard en
Louisa mekaar werklik ken. Louisa leer gou die liefde steur hom nie aan
lysies nie.
Nou moet sy kies tussen haar lysie-man en haar hart.
Toe Marina vra of sy haar derde roman in die stilte van die bos op sy
plaas kan kom skryf, sê Hugo ja. Marina was altyd ’n vaal meisietjie
met haar neus in die boek, maar dit pas hom.
Hugo is self stil, met dikwels net sy hond Brutus vir geselskap op die
plaas in Zimbabwe.
Maar Marina is deesdae alles behalwe vaal. Sy is nou beroemd en gewoond
aan die stadslewe. Gaan hulle in vrede kan saamleef?
Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te
groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel
kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei
in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word
gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot
haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade
hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om
uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?
Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel
om net ’n huwelik in naam te wees, maar op ’n vakansie saam met haar pa
op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok ’n bed deel.
Boonop soen Dawid haar skielik ty dig en ontydig en wil nie aan sy kant
van die bed bly nie. As sy moet eerlik wees, sy ook nie.
Maar die nagmerries uit haar kinder dae pla nog steeds. En wat van
Henko, die vriend uit haar verlede?
Eiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het
nog nooit ’n klimaks ber eik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel
verstuit.
Die aanraking van haar fisioterapeut, Clark Kensington, dryf haar tot
raserny. Sy gee haarself aan hom oor en vind bevryding in sy arms. Maar
niemand het Eiv a voorberei op die gevoelens wat saam met die die vr
yheid kom nie.
Clark se geraamtes in die kas maak dat hy nie beloftes wil maak nie.
Maar as hy Eiv a wil behou, sal hy w eer moet dink .
Ná trauma en verlies vlug Kayla na Dwarskersbos om rigting te soek.
Jack kom ook na die vissersdorpie om oor sy toekoms te besluit. Op die
strand sien Kayla hom elke dag op die rotse, maar steur haar nie aan
hom nie. Toe sy haar voet sny, moet sy Jack se
hulp aanvaar. ’n Vriendskap ontwikkel en hulle leer lew enslesse by
Liza die kersmaker. Hulle neem lesse in hangsweeftuigvlieg en ontdek
vryheid. Durf hulle hoop om saam geluk te vind dié Kersfees?
Chloe Basson is bang vir rillers en spoke. Nou moet sy die bekroonde
skrywer Zack Basson by ’n verlate kasteel op Lesotho se grens ontmoet.
Alles loop skeef: Haar motor breek, ’n sneeustorm keer haar vas, en die
kasteel se kragtoevoer word afgesny.
Te midde van hierdie probleme, skep Zack se sjarme, ’n romantiese
kaggel, en vurige woordespel die perfekte atmosfeer vir romanse ...
totdat ’n ysige wind die vlam in haar hart blus.
Alexa en Bryan is van dag een af soos olie en water. Hy is openlik
gekant daarteen dat ’n vr ou sy seun se rugbysp an afrig. Alexa skrik
egter nie vir die dodelike aantreklike en bedonderde man nie. Sy is
immers die dogter van ’n oud-Springbok en het self ook op die veld
gedraf.
Toe Alexa tot Bryan se seun se redding kom, verander sake. Dié keer
spat die vonke van passie tussen hulle, maar ’n ondeur dagte keuse dryf
’n wig tussen hulle.
Gaan Bryan se weersin in vroue Alexa finaal w egstoot of gaan sy haar
held se har t met ’n doelskop verower?
Toe Adelie haar aantreklike Franse tutor ontmoet, begin haar hart
volksvreemde tale praat. Sy moet besigheidsterminogie leer, maar bewys
gou sy is dit reeds baas. Daarna maak Sihan elke oomblik tussen hulle
kosbaar en leer haar die werklike betekenis van die
sinnetjie “Je t’aime”.
Dis nou tot haar eerste liefde, Shane, weer op die toneel verskyn.
Dieselfde Shane wat in die boomhuis in hul agtererf talle beloftes aan
haar gemaak het en toe haar hart gebreek het. Al uitweg wat Adelie
sien, is dat sy en Sihan hul eie boomhuisbeloftes moet maak.
Tot die dag toe alles skielik in duie stort ...
Juliëtte geniet haar werk as juffrou en sy en haar trouman, Lodewijk,
beplan om verloof te raak. Dis nou tot haar grootword-boetie, Arendt,
onverwags uit Frankryk terugkeer.
Die seun uit haar kinderdae is nou ’n aantreklike dokter. Hy wek
gevoelens in haar op wat Juliëtte nie kan verstaan of beheer nie. Sy
doen haar bes om Arendt te vermy en spandeer selfs meer tyd saam met
Lodewijk.
Maar haar hart wil nie na rede luister nie en dwing haar telkens terug
in Arendt se arms.
Dis twaalf jaar vandat Anika se pa afgedank is en hulle gesin van die
Grahams se plaas af weggejaag is. Sy is seker die man wat haar as
perdetemmer aangestel het besef nie wie sy is nie, en dit is goed.
Sy is terug vir vergelding.
Dis tyd dat die hoogmoedige Grahams besef hulle is nie beter as
enigiemand anders nie. Veral die oudste seun, Ian. As sy hom tot ’n val
kan bring, kan sy weer begin dink aan drome droom oor haar eie toekoms.
Maar die lewe loop soms onbeplande draaie ...
Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n
onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld
wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma is en Kruger haar
hoërskoolliefde.
Gou is haar loopbaan aan skerwe en haar lewe word deur ’n klomp
booswigte bedreig. Haar romanse met Kruger vlam weer op, tot sy ontdek
dat hy en haar familie jare lank vir haar gejok het oor sy verdwyning.
Kan sy hom weer vertrou?
Ná ’n nag van passie het Jacqueline en Boshoff hul harte op mekaar
verloor, maar haar noodgedwonge leuens oor haar verlede het hulle
uitmekaar gedwing.
Dan besoek Jacqueline ’n gewilde wynplaas om ’n artikel na te vors, net
om uit te vind Boshoff is mede-eienaar. Boshoff maak asof hy haar nie
ken nie en dan hoor sy dat hy boonop verloof is. Jacqueline moet veg
teen haar eie gevoelens en Boshoff se giftige verloofde.
Gaan Jacqueline en Boshoff mekaar weer vind?
Retha Malan sien dokter Isak Vermeulen die eerste keer toe hy ontstoke
uit haar dosent se spreekkamer storm en haar amper onderstebo loop. Hy
hoor lat er dat sy hom ’n brombeer noem!
Soos hulle mekaar leer ken, besef hulle hulle is geesgenote en Isak
begin selfs praat van trou. Dan sien Isak vir Retha in ’n vurige
omhelsing met ’n ander man. Hy konfronteer haar en sy sien sy gebrek
aan vertroue onvergeeflik.
Sal liefde en vergifnis dié struikelblokke kan oorwin?
Maya is ’n suksesvolle eiendomsagent by haar flambojante verloofde,
Douw, se agentskap. Een die kliënte vir wie Maya huis soek, is dokter
Reinhardt Enslin. Hulle is aangetrokke tot mekaar, maar hy rou nog oor
sy vrou wat dood is, en hy het twee kinders op universiteit.
Toe Maya uitvind Douw is ontrou aan haar en knoei met die agentskap,
sneuwel hul verhouding. Is daar vir haar ’n toekoms saam met die
aantreklike, innemende Reinhardt, of droom sy verniet?
Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding
vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n
ongemaklike situasie.
Die insident beland op die internet en Anton word as ’n held gesien,
wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al
hou sy nie daar van om “gered” te word nie.
Gaan sy hom die kans gee om ’n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?
Ná haar man se dood kruip Issa Joubert weg in haar groentetuin op die
erf langsaan. Hier kan sy haar tyd neem om te genees van die onreg en
seer.
Tot ’n ontwikkelaar besluit hy wil ook die erf hê. Richter Human is
Issa heeltyd een stappie vooruit, maak haar deurmekaar en erken sy trek
hom aan.
Hy druk al die regte knoppies, maar kan sy hom vertrou? Is hy te goed
om waar te wees, of kan hulle saam geluk vind?
Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar
lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskundeonderrig en
om geld in te samel vir die matriekafskeid.
Sy wil nie weer ’n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en
dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde ’n kans gee, en
Neels soek ’n vr ou wat orrel kan speel.
Wie gaan haar hart wen?
Emma keer ná sestien jaar na Silver Creek Ranch terug, salig onbewus
van die chaos wat sy op die plaas veroorsaak. Sy was James, die eienaar
se oudste seun, se jeugliefde, maar hy het nou ’n ander meisie. Emma en
James het albei verander, en hul onskuldige kinderliefde verander
stadigaan in iets onstuimiger.
Gaan Emma se gladde mond haar en James vir altyd uitmekaar dryf? Of
gaan James dit reg kry om Emma finaal te tem?
Kathleen Porter wil wegstap van haar familiegeskiedenis in Leydsdorp
maar John Perkins oortuig haar om hul voorsate se verhale in die
Bosvelddorpie te gaan naspoor. Al is daar net spoke oor.
Dit is die einste spoke, Ou Sandy en Karla, wat die verlede se geheime
verklap. Kathleen besluit om as erfgenaam die oorgelewerde geskiedenis
tot ’n einde te bring, maar haar hart wil saamspeel nie.
Gaan sy die lewendige spook uit John se die verlede kan besweer? En sal
hulle hul verskille kan oorkom?
|
You may like...
Anoniem
Chanette Paul
Paperback
R390
R366
Discovery Miles 3 660
Flaffie
Jaco Jacobs
Paperback
R130
R118
Discovery Miles 1 180
Heimwee
Sophia Kapp
Paperback
R380
R351
Discovery Miles 3 510
Vuur
Hannes Barnard
Paperback
R250
R234
Discovery Miles 2 340
Donker Spoor
Martin Steyn
Paperback
R355
Discovery Miles 3 550
Donkerdrif
Deon Meyer
Paperback
R614
Discovery Miles 6 140
|