![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 64 matches in Reis
Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetsporespan weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep … Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:
Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders. In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee. Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.
Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.
Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.
Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter. Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap. Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.
Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan. Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.
Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld. Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings. Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!
Ondanks sy juweel van 'n Afrikaanse naam verkeer Fanie van der Merwe reeds vir twee dekades in selfopgelegde ballingskap. Danksy sy nering as geskiedenisonderwyser aan internasionale skole kry hy klokslag geleentheid om internasionaal te reis, wat hy met oorgawe doen. In die proses het hy reeds meer as vyftig lande besoek. In 2017 skep Fanie sy "Fanie Os Oppie Jas"-blad op Facebook - 'n hoekie in die kuberruim waar hy dagboek van sy reise hou, en vandag volg meer as 11,000 intekenare sy avonture. Met "Die reisstories van 'n nomadiese geskiedenisonderwyser" neem Fanie die leser op 'n warrelwindreis na ses lande wat nie gereeld op die gemiddelde reisiger se radar verskyn nie - Noord-Korea, Mianmar, Kambodja, Tibet, Belgie, en die uithoeke van die VSA. Danksy 'n kombinasie van pittige anekdotes in die suiwerste Afrikaans, asemrowende foto's en lighartige, dog boeiende geskiedenisverwante vertelllings, beloof die boek om 'n reisbundel te wees soos wat nog selde in Afrikaans gesien is. Die geskiedkundige feite sal verbluf, die foto's sal betower, maar dis Fanie se unieke, tong-in-die-kies-waarnemings wat selfs die mees huisvaste Jan Tuisblyer sal laat jeuk vir 'n internasionale reis.
Twee verhale word in hierdie teks gelyktydig vertel: die van die skrywer se reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek en die geskiedenis van daardie epiese tog. De Klerk se lewendige verteltrant laat 'n veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans.Vir die skryf van Swerwer op die sonpad het hy onder meer talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders gevoer, wat hier woord vir woord weergee word in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit – van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung –is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het ’n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so ’n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het ’n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie. Die 37 hoofstukke is in ’n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor ’n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal – of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok. Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto’s bevat Op Pad in Suid-Afrika ’n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.
In this book are fifty-two compelling tales that will lead the reader on a journey of discovery of the African continent. It tracks the ancient grail of traditional African medicine or muthi. The journey takes one year, with one story for each of the fifty-two weeks. Many of the stories inherited through Africa’s compelling oral tradition are between these covers: committed to paper for the first time ever. The ancient African people were the first aromatherapists who well understood the effect of plants on the human body, mind and soul. Innately spiritual, the thousands of lineages of African people across thousands of years have all used plant medicines for healing, always with the blessing of their ancestors. Knowledge of African plant mythology and its associated healing practices is most certainly a grail because on this great continent we call Africa, knowledge has always been an oral tradition. Because it was never written down, thousands of years of healing wisdom and intelligence have been lost in the transference from one generation to the next. This book endeavoures to bring to light the deep history of fifty-two of the thousands of indigenous medicinal plants of Africa, before it is too late. The focus is towards Southern Africa because this region is a hotspot of cultural and botanical diversity. Unlike the healing knowledge of other ancient cultures, such as India or China, little of Africa’s healing history is recorded. As you read the stories about fifty-two of the continent’s prominent indigenous plant cures, the authors hope you, too, will experience some of the magnetism, mystery and wisdom of Africa. They hope it will help you understand a bit more about yourself and about our species: the human being.
Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers. Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.
C. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moertoe die vreemde in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
Die "ver paaie" in hierdie teks (wat in 1949 vir die eerste keer verskyn het) verwys na 'n reis wat die vertellende P.J. Schoeman deur die Kaokoveld in Suidwes-Afrika onderneem het. Deur die soektog na 'n wilde perd ontwikkel die reis egter in 'n verkenning van die gees en word die uiterlike gebeure met die romantiese verlange en die strewe na 'n onvervulde droom verbind.
In Afskeid van Europa lewer Karel Schoeman verslag van sy laaste twee besoeke aan Nederland, Duitsland en Oostenryk gedurende die herfs van 2011 en 2013. Dit is veral die stede Amsterdam, Berlyn, Dresden, Salzburg en Wene wat aandag kry en ook met Schoeman se vermoe om mense en plekke wat hy waarneem, in woorde tot gestalte te bring. By dit alles is daar ’n ondertoon van heimwee en gelatenheid omdat die skrywer voortdurend bewus is daarvan dat dit werklik sy laaste besoeke is en hy dikwels aan sy ouderdom herinner word: “‘Elderly,’ lees ek op my vliegkaartjie, ‘can’t walk long distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.’ Dit is ek.” Maar afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se belesenheid en sy vermoe om hede en verlede te skakel wat opval en hierdie boek ’n ryk leeservaring maak. Nie alleen die politieke geskiedenis nie, maar ook die verhale van die gewone mens soos dit in die letterkunde uitgebeeld is, word in verband gebring met die strate, parke, kerke en paleise van die groot stede wat hy besoek. Onvermydelik skryf hy oor die twee wereldoorloe se impak op mens en omgewing, maar ook die vasberade inisiatiewe om te restoureer en te herstel in stede soos Berlyn en Dresden. Die hede met sy massatoerisme, die gewonde daaglikse gang van sake en veral ook die tipiese geregte van die plekke wat hy besoek, verseker dat die boek vir eietydse reisigers ook relevant is.
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.
Voetspore op die ewenaar vertel van Johan Badenhorst en sy Voetsporespan se agtste reis deur Afrika. Hierdie keer pak hulle 'n reis op die ewenaar aan: 'n reis wat begin in Kenia, kronkel deur Uganda en eindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Soos gewoonlik het die Voetsporemanne geen tekort aan avontuur, en hierdie keer selfs aan gevaar, nie. Hulle ontmoet president Barack Obama se ouma in Kenia, klim 'n deel van die Ruwenzoriberge in Uganda, bring 'n dag by die pigmee by Epulu in die DRK deur en sluit die reis af met 'n onvergeetlike bootvaart op die Kongorivier.
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
Piet Maritz was vir jare lank 'n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloe dae.
Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet. |
![]() ![]() You may like...
|