|
|
Books > Sport & Leisure > Hobbies, quizzes & games > Puzzles & quizzes > Crosswords
'n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit
verg toewyding en laterale denke om diep in jou algemene kennis te delf
en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind.
Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II bevat nog dertig splinternuwe
raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel vir dié wat dapper genoeg
is.
Betree hierdie wonderlike woordwêreld, en onthou: Daar is ’n afdruk van
’n poot op ons almal se voorstoepe. (Skommel die letters van die woord
VOORSTOEP en jy kry VOETSPOOR. Gebruik die volgende leidraad om tot die
slotsom te kom: Daar is ’n afdruk van ’n poot op my deurmekaar
voorstoep.)
Hierdie vierde, hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir
liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels, Moeggesoek is nou getiteld
Pharos Blokraaiantwoorde. Die nuwe uitgawe is volledig herbewerk,
en nuwe subkategorieë is ingesluit. Oplossings vir duisende
internasionale en plaaslike feite is alfabeties volgens sewe temas
gerangskik: Algemene kennis, Bybelkennis, geografie, die kunste,
politiek, sport en skoonhede.
Die gids is in 'n handige formaat en gebruikersvriendelik, wat daartoe
bydra om maklik daardie ontwykende antwoorde op die leidrade in
jou Afrikaanse blokraaisel te vind. So, as jy die naam van 'n vulkaan
in Antartika wil weet, of dalk die naam van ’n sanger wat deel was
van die Beatles, die vorige staatshoof van Viëtnam of die naam van
een van die maangode, het jy die Pharos Blokraaiantwoorde nodig.
|
|