0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (161)
  • R100 - R250 (402)
  • R250 - R500 (565)
  • R500+ (20)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Strooisuikerliefde - Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Strooisuikerliefde - Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!

Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.

Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg

Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.

Net in stories - Rika Cloete

Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.

Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)

Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?

Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin

Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.

Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)

Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.

Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)

Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?

Net ons twee - Petronel Louw

Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.

Om haar pinkie - Didi Potgieter

Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.

Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback): Ilde Grove Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback)
Ilde Grove
R100 R82 Discovery Miles 820 Save R18 (18%) In Stock

Sy liefde is soos die eerste lenteblom.

Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie.

Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.

Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

Satyn Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback): Ettie Bierman, Anita du Preez, Engelbrecht Satyn Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback)
Ettie Bierman, Anita du Preez, Engelbrecht
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 5 - 7 working days

Drie sexy, sensuele en romantiese verhale deur drie gewilde skrywers: Anderkant die volmaan deur Ettie Bierman, Bambi en die boef deur Anita du Preez en Victoriavalle van liefde deur Lizet Engelbrecht. 

Web van Liefde (Afrikaans, Paperback): Rykie Roux Web van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Rykie Roux
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) In Stock

Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.

Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R140 R121 Discovery Miles 1 210 Save R19 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem ... Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

The Reluctant Cuckoo (Paperback): Cathy Donald The Reluctant Cuckoo (Paperback)
Cathy Donald
R300 R234 Discovery Miles 2 340 Save R66 (22%) Ships in 5 - 10 working days

For Hannah, born from Nandi, and adopted by Patrick and Fiona, it is not so easy to work out who she really is. Is she the privileged daughter of an upper middle class British couple or is she an unwanted South African child who needed an adoptive family? How can she reconcile these two personas, especially when she looks so different from her adoptive parents?

In her questioning mind, she appears to be not white enough for Britain, but not black enough for Africa. As she grows older, her identity issues become greater until they threaten to engulf her.

Her parents, wanting to be faithful to a promise they made to her birth mother, but also desperately frightened of losing their child to her birth heritage, are not forthcoming when it comes to answering her questions. This makes her feel she can’t trust them and alienates her further. It is only when she re-establishes a connection with the country of her birth that Hannah starts to work through the issues that trouble her in her search to find the peace that appears to be so elusive.

Om Te Lewe, Om Te Sterwe (Afrikaans, Paperback): Quintus van der Merwe Om Te Lewe, Om Te Sterwe (Afrikaans, Paperback)
Quintus van der Merwe
R260 R203 Discovery Miles 2 030 Save R57 (22%) Ships in 5 - 10 working days

’n Bom ontplof net voor Kersfees in Kopenhagen se besigste inkopiestraat. Die ekstremistiese terreurorganisasie wat verantwoordelikheid opeis, kondig in ’n videoboodskap aan dat dit die begin van ’n globale terreuraanslag is. Op dieselfde dag ontplof ‘n bom in ‘n moskee in Kaapstad. ’n Jong Nederlandstalige vrou word met ernstige brandwonde in die puin gevind en ’n Suid-Afrikaner word vir moontlike betrokkenheid gearresteer.

Die voormalige diplomaat, Johan Castelyn, wat in Antwerpen woon en koverte inligtingswerk vir die Franse Geheimediens doen, word opdrag gegee om in Amsterdam en Kaapstad antwoorde te vind om verdere aanvalle te help voorkom. Johan is verras om te verneem dat van sy familie wat verregse bande het, ook by die aanval betrek word.

Voor sy vertrek vra ‘n oud-kollega en nou ambassadeur in Washington DC, vir Johan om sy dogter se aktiwiteite en betrokkenheid by ’n ekstremistiese geestelike leier te ondersoek. Persoonlik sien hy uit na die besoek aan sy geboorteland met die vooruitsig om ’n vriendin van vroeër op te soek.

Hoe gaan Johan en agente van verskeie veiligheidsdienste die dreigende vlamme blus voordat dit in ’n inferno verander? En wie gaan lewe en wie gaan sterwe?

Skilderkrans (Afrikaans, Paperback): Joe Olivier Skilderkrans (Afrikaans, Paperback)
Joe Olivier
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Land in wording, ’n oorlog wat dreig, ’n kruispad kans-ontmoeting wat alles verander.

Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is weer op pad Kolonie toe, juis om die oorlog te probeer ontglip. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, ’n ontmoeting wat ’n onherroeplike invloed op die res van Magdalena, Jacobus en Henog se lewens sal hê.

Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando’s, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle ’n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind.

Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is.

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie.

Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.

Dark Video (Paperback): Peter Church Dark Video (Paperback)
Peter Church
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Alistair Morgan has it all: looks, charm and money—plus the attention of the hottest girls on campus. When he discovers the dark web, the lure is so strong that he is about to lose it all.

Mad Honey (Paperback): S.J. Naude Mad Honey (Paperback)
S.J. Naude
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Ships in 5 - 7 working days

From South Africa to Iceland, rural Belgium and the Alps, the stories in Mad Honey radiate out to encompass the globe.

In Johannesburg a couple raise their son in leafy suburbia, while their cleaner’s child must face the inequities of their country head on.

Amid Reykjavik’s arctic landscape, a woman takes mad honey with the man who has left her for another, and spends a chilling night with a violent Russian and his companion.

And in New England two lovers face the cruelty of a host whose humanity has left him, while a mother takes pity on a street child she finds on a platform at Park Station.

Crowning this collection is a story cycle featuring a young Namibian and his Japanese friend, who spend a claustrophobic night in a chateau with a dark pool of glimmering eels – this after being pulled into a tragedy on the ski slopes of Italy.

Following on from his multi award-winning first collection, published in English as The Alphabet of Birds, SJ Naudé’s second collection of short stories disturbs, surprises and enthrals.

Oor En Weer (Afrikaans, Paperback): Trisa Hugo, Analize Viljoen Oor En Weer (Afrikaans, Paperback)
Trisa Hugo, Analize Viljoen
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my ...

Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie.

Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap.

Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is

Dead In The Water (Paperback): Irna van Zyl Dead In The Water (Paperback)
Irna van Zyl
R240 R207 Discovery Miles 2 070 Save R33 (14%) Out of stock

Dead In The Water is Irna van Zyl’s highly anticipated debut thriller. Set on the coast near Hermanus in the fictitious town of Grootbaai, shark-cagediving capital of the world, the novel features oddball detective Storm van der Merwe.

Stocky, smart and unconventional, Storm was banished to Hermanus after demonstrating against the shooting of beached whales. She now keeps out of trouble in the seaside town by working on cold cases. But how can she keep a low profile when bodies, limbs and other evidence keep appearing on the sandy shores of Grootbaai?

When the body of investigative journalist Jessica Stander washes up on the beach minus an arm, Storm realises that the situation at Grootbaai is even more dangerous than she suspected.

In Irna van Zyl’s page-turning thriller, everyone’s a suspect and the stakes are deadly.

Recipes For Love And Murder (Paperback): Sally Andrew Recipes For Love And Murder (Paperback)
Sally Andrew 4
R320 R250 Discovery Miles 2 500 Save R70 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Meet Tannie Maria: the loveable writer of recipes in her local paper, the Klein Karoo Gazette.

One Sunday morning, as Maria stirs apricot jam, she hears her editor Harriet on the stoep. What Maria doesn't realise is that Harriet is about to deliver a whole basketful of challenges and the first ingredient in two new recipes - recipes for love and murder.

A delicious blend of intrigue, milk tart and friendship, join Tannie Maria in her first investigation. Consider your appetite whetted for a whole new series of mysteries . . .

Die Bewaker (Afrikaans, Paperback): Marguerite Poland Die Bewaker (Afrikaans, Paperback)
Marguerite Poland
R240 R216 Discovery Miles 2 160 Save R24 (10%) Out of stock

Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val.

In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis.

Die Bewaker is die verhaal van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en vroue wat saam met hulle in skrikwekkende afsondering leef. Dit is geskryf in die kenmerkende meevoerende styl waarvoor Marguerite Poland so bekend is, nou vir die eerste keer in Afrikaans.

’n Roman oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories.

Daka (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Daka (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin wou hê. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste wildernisse op aarde.

Maar elke reisiger is in ’n sekere sin ’n vlugteling, en elke voortvlugtige ’n ontdekkingsreisiger wat soveel meer met hom saamdra as net die dinge in sy rugsak ...

Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê.

Onwetend hoe vreemd sy ware storie eintlik is. Want dit was ’n waterwese wat hy as kind in ’n droom raakgeloop het, wat hom gelei het na die spikkel op ’n kaart, Noord van Lamu.

Met ’n nuwe naam was hy op soek na lewe ná die dood. En soos met amper elke ware ontdekkingsreis, sou sy vlugtog oor land en see ook na ’n afgeleë eiland lei. ’n Plek waar hy uiteindelik alleen kon wees, weg van alles en almal.

Of so het hy gedink.

Sy lewe was nie een lang uitgerekte storie nie, maar eerder ’n bondel erg teenstrydige verhale, in chaos verweef. Van hulle naïef en selfs onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en boos . . . en van hulle, so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.

Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R210 R189 Discovery Miles 1 890 Save R21 (10%) Out of stock

Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis.

Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring.

Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.

Half Of One Thing (Paperback): Zirk van den Berg Half Of One Thing (Paperback)
Zirk van den Berg
R210 R189 Discovery Miles 1 890 Save R21 (10%) Out of stock

Gideon Lancaster, a New Zealand soldier fighting for the British, infiltrates a Boer commando. He soon finds himself entangled in a confusion of loyalties as he becomes better acquainted with the men and, worse, falls in love with Esther Calitz, a Boer woman of considerable mettle who demands his loyalty over every other allegiance.

Between Esther and Commandant Jacob Eksteen, his taciturn rival in love and a man of clear black-and-white convictions, Lancaster navigates his way only with great difficulty.

So powerful are the conflicting demands of fidelity and love that he seizes a quixotic opportunity when a large British battalion is mobilised in what is to be the final triumph of the imperial forces.

Jozi (Paperback, New): Perfect Hlongwane Jozi (Paperback, New)
Perfect Hlongwane
R160 R125 Discovery Miles 1 250 Save R35 (22%) Ships in 5 - 10 working days

This novel collection by first-time author Perfect Hlongwane offers a biting portrait of inner-city Jo’burg, `a place where dreams come to die’. Written as a series of interlinked stories centring around an eclectic ensemble of characters, it conjures for readers a city both familiar and surprising. With its vein of painful self-examination, evocative sense of place and unflinching exploration of the rawer aspects of Jo’burg living, it brings to mind the impact of cult literary figures like Dambudzo Marechera and Phaswane Mpe.

Folly (Paperback): Jassy Mackenzie Folly (Paperback)
Jassy Mackenzie
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Out of stock

Emma Caine is pushing forty and life is hitting her hard. Her husband has been brain damaged, she’s lost her job, and she might lose her home. Instead of giving up, Emma starts hitting back. Drawing on experiences from a misspent youth, she opens a domination dungeon in an outbuilding in her garden and sets herself up as a dominatrix.

Whipping, torturing and abusing the wealthy slaves who soon start lining up for her services is surprisingly easy for Emma, especially since she has no sexual contact with her clients. In fact, she believes them all to be sick perverts. The unthinkable happens when she falls in love with one of them – the disturbingly likeable Simon Nel.

Fighting her emotions every step of the way, Emma finds herself drawn into a twisted and potentially doomed relationship that will force her to reconsider everything she thought she knew about love, sexuality and power.

Small Circle Of Beings (Paperback): Damon Galgut Small Circle Of Beings (Paperback)
Damon Galgut
R290 R227 Discovery Miles 2 270 Save R63 (22%) Ships in 5 - 10 working days

The family – that small circle of beings where love should flourish – can be an arid and alienating territory where hatred and violence may ignite.

On the surface, Small Circle of Beings, the novella which gives its title to this collection, concerns a family living what would appear to be an idyllic life. When the couple’s only child falls ill, tension and strain begin to take their toll, and the hairline cracks and fissures in his parents’ relationship gradually widen and split open until a marriage that seemed solid and secure falls irretrievably apart. Galgut’s economy of style and his chilling gift for understatement and the macabre are nowhere more eloquently displayed than in this gripping story.

The same sensitive and atmospheric writing can also be seen in the shorter stories – ‘Lovers’, ‘Shadows’, ‘The Clay Ox’, and ‘Rick’.

Veilige hawe (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Veilige hawe (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar romanses. In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naude afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter - sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy - haar hart of haar verstand? ’n Beskermengel vir Marlene is die drie-en-twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy is bang en vertrou niemand nie - totdat Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet en hy baai haar in sy omgee en sorg … Tot die verlede hulle inhaal.

Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.

Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Into The Uncut Grass
Trevor Noah Hardcover  (1)
R399 R312 Discovery Miles 3 120
Recognition - An Anthology Of South…
Paperback R395 R309 Discovery Miles 3 090
The Woman In The Blue Cloak
Deon Meyer Paperback  (2)
R383 R310 Discovery Miles 3 100
The Finish Line
Gail Schimmel Paperback R340 R266 Discovery Miles 2 660
Al Wat Tel
Irma Venter Paperback R330 R284 Discovery Miles 2 840
For You, I'd Steal A Goat - Short…
Niq Mhlongo Paperback  (1)
R305 R262 Discovery Miles 2 620
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R334 Discovery Miles 3 340
Buried In The Chest
Lindani Mbunyuza-Memani Paperback R260 R189 Discovery Miles 1 890
The Death of Jesus
J. M. Coetzee Paperback  (1)
R318 Discovery Miles 3 180
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R258 Discovery Miles 2 580

 

Partners