![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Children's & Educational > Fiction
Maak gereed vir 'n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper
van Hondman!
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets
asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van
Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek
en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde
oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom,
loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet
'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind
huis toe.
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en
keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle
hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam
met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die
naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor,
totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle
oorleef dit nie . . .
Wanneer Helena se vervreemde pa toevallig by haar ma se werkplek inloop
en sy besluit om hom vir onderhoud te dagvaar, gebeur daar iets wat
hulle lewens onherroeplik verander. Soos 'n hedendaagse Aspoestertjie
verruil Helena die gehawende wendyhuis op die plot vir al die luukses
wat haar hart begeer. Maar selfs in hierdie idilliese bestaan kan
Helena nie van die werklikhede van die lewe ontsnap nie.
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan
skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar
tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy
nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk,
beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te
laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar
soos borrelgom kou nie.
Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en
DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!
Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ʼn Great Dane-brak – Krummel. Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees.
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit
weer "normaal" sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom
uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy
weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so
uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding.
Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. 'n Diepsinnige, dog
ligte grootwordstorie.
ontvoer . Sy pa is meer verleentheid as ooit. Hy het onverwags op die ergste moontlike manier aanlyn virale geword. En wanneer die skoolfotodag met die Super Science Spectacular bots , is dit bestem om op te blaas in 'n haarverhoging, tandeversplinterende ramp van epiese proporsies!
In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar
niemand ken die volle waarheid nie.
Herontdek die tydlose verhaal van Aspoestertjie met hierdie
betowerende opwipboek! Aspoestertjie wil graag na die prins se bal toe
gaan, maar haar wrede stiefma en stiefsusters los haar by die huis.
Gelukkig verskyn die towerfee betyds om seker te maak dis ’n
onvergeetlike aand.
In die tweede boek in die reeks hou die kosskool hou 'n filmkompetisie en almal gebruik hulle talente om die wonderlikste tonele te skiet. Alva en haar vriende wil baie graag wen, maar vreemde kragonderbrekings plaas die groot premieraand in gevaar. Kan die vriendegroep betyds uitvind wie verantwoordelik is? En sal die geheimsinnige kennisgewingbord weer help om lig op die duisternis te werp?
"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie,
het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite
neem voor hy haar dwing om ná matriek universiteit toe te gaan.
Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die
troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde
stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet
die knorrige buurseun vra om haar te help."
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar?
Dennis verhuis saam met sy ouers na 'n afgeleë padstal in die
Drakensberge. Die eienaar hou 'n unieke klompie diere op die plaas aan
- maar die vreemdste van almal is 'n grys wolf genaamd
Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar
gerugte van 'n "Wolfmens". En dan ontdek hy 'n ou selfoon in sy
kamer met 'n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat
wat ook al in die donker skuil nog 'n slagoffer eis . . .
Welkom in die Skool vir Talente. Hier kan almal fantastiese dinge doen.
Hulle kan van vorm verander, met diere kommunikeer, water beheer . . .
en nog baie meer!
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer. Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom. Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.
Herontdek die tydlose verhaal van Hansie en Grietjie met
hierdie betowerende opwipboek! Hansie en Grietjie verdwaal in die woud
en kom op 'n liplek-lekkergoedhuisie af. Maar alles is nie pluis nie .
. .
Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se
kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se
spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser.
Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die
kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by
die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat
baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees
. . .
Cold cases get hot in this unputdownable mystery from Jennifer Lynn
Barnes, no.1 New York Times bestselling author of The Inheritance Games
series. Perfect for fans of A Good Girl's Guide to Murder.
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.
|
You may like...
k-Schur Functions and Affine Schubert…
Thomas Lam, Luc Lapointe, …
Hardcover
Hardy Operators On Euclidean Spaces And…
Shanzhen Lu, Zunwei Fu, …
Hardcover
R1,914
Discovery Miles 19 140
Wavelet Analysis - Basic Concepts and…
Sabrine Arfaoui, Carlo Cattani, …
Hardcover
R4,076
Discovery Miles 40 760
Introduction to Ultra Wideband for…
Homayoun Nikookar, Ramjee Prasad
Hardcover
R4,117
Discovery Miles 41 170
|