0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (118)
  • R50 - R100 (751)
  • R100 - R250 (92,903)
  • R250 - R500 (146,485)
  • R500+ (46,781)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Children's & Educational > Fiction

Kleinkat 1: Kleinkat se Strokiesklub (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Kleinkat 1: Kleinkat se Strokiesklub (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Maak gereed vir 'n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman!

Kleinkat leer vir 'n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep. Terwyl die paddavissies se wilde verbeeldings hulle na verskillende vertelgenres lei – van ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster – sal lesers leer oor samewerking, empatie en vreeslose selfuitdrukking.

Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het!

Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná ’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n taai Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . . . Vrydag!

Net toe Justin dink sy woeste week kan nie woester word nie, bereik hy ’n nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!

Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos Die jaar toe dit gemmerbier gereën het (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos; Illustrated by Theodore Key
R250 R180 Discovery Miles 1 800 Save R70 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn sigeuner-karavaan!

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Węreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

Goorste Week Ooit: Dinsdag (Afrikaans, Paperback): Matt Cosgrove Goorste Week Ooit: Dinsdag (Afrikaans, Paperback)
Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

ontvoer . Sy pa is meer verleentheid as ooit. Hy het onverwags op die ergste moontlike manier aanlyn virale geword. En wanneer die skoolfotodag met die Super Science Spectacular bots , is dit bestem om op te blaas in 'n haarverhoging, tandeversplinterende ramp van epiese proporsies!

Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker. Tjoppie hou baie van skool!

As ek jy was (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo As ek jy was (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback): Joanna Nadin Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback)
Joanna Nadin; Translated by Kobus Geldenhuys
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sę skool gaan nie oor leeglę en lyf wegsteek, of pret hę nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink.

Maar Alex en Manjit het nie letterlik bedoel om Tanne vir 'n War of the Wizards-speelkaart te verruil en hom in die skool los te laat nie. En hulle het ook nie letterlik bedoel om skuim oral in die klaskamer en oor Mev. Brombom-Bredeboud te laat ontplof nie. Hierdie goed gebeur net!

Borrelgom (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Muller Borrelgom (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis Muller
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Die Emmerskoplys (Afrikaans, Paperback): Helene de Clercq Die Emmerskoplys (Afrikaans, Paperback)
Helene de Clercq; Illustrated by Johann Strauss
R180 Discovery Miles 1 800 Ships in 5 - 10 working days

Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ʼn Great Dane-brak – Krummel.

Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes.

Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees.

Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir ​Bohaai​! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.

Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?

Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose... Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose Zombie-Nerd Boelies) (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of twee gebak.

Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat boonop baie soos aliens lyk!

Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?

Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewęreld vind?

Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.

Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná  matriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help."

Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff, Chris Venter Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff, Chris Venter
R305 R272 Discovery Miles 2 720 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?

Kaptein Onderbroek 4: Kaptein Onderbroek en die wraak van professor Poepenpoel (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Kaptein Onderbroek 4: Kaptein Onderbroek en die wraak van professor Poepenpoel (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak. Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf, kry hulle skoolhoof, mnr. Mor, dadelik iemand in sy plek: Professor Poepenpoel.

George en Harold spot te lekker met die professor se lawwe naam en van. Maar dan neem die professor wraak. Hy dwing almal in die stad om ook lawwe name en vanne te kry – en probeer die hele węreld oorneem!

Chakalaka Uit 'n Blikkie (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Chakalaka Uit 'n Blikkie (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Helena se vervreemde pa toevallig by haar ma se werkplek inloop en sy besluit om hom vir onderhoud te dagvaar, gebeur daar iets wat hulle lewens onherroeplik verander. Soos 'n hedendaagse Aspoestertjie verruil Helena die gehawende wendyhuis op die plot vir al die luukses wat haar hart begeer. Maar selfs in hierdie idilliese bestaan kan Helena nie van die werklikhede van die lewe ontsnap nie.

Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.

Skool vir Talente 3: Derde Periode - Monsterspore! (Afrikaans, Paperback): Silke Schellhammer Skool vir Talente 3: Derde Periode - Monsterspore! (Afrikaans, Paperback)
Silke Schellhammer
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom in die Skool vir Talente. Hier kan almal fantastiese dinge doen. Hulle kan van vorm verander, met diere kommunikeer, water beheer . . . en nog baie meer!

 Alva sien uit na hulle nuwe skoolprojek: Hulle gaan fossiele soek onder op die eiland se strand. Maar dan ontdek hulle reusagtige voetspore in die sand. Beteken dit daar is 'n monster op die eiland?

The Dog With The Broken Wag (Paperback): Paula Fourie The Dog With The Broken Wag (Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals' wag won't work! Is she sick? Is her tail broken? Mom and Dad are worried, but it is little Lollipop, her best friend, that knows her best.

Jakkals and Lollipop love swimming in the lake, Jakkals diving and breaching like a whale. She needs nothing more than Lollipop's understanding to regain her wag.

In spite of the problem of Jakkals' seemingly broken wag, the author manages to keep the story light and positive by using humour and creative language. Humour stimulates creativity and brings a fresh angle to the story and a welcome change from other books for this age group, often with educational or moralising messages.

The Dog with the Broken Wag provides lots of opportunity for funfilled interaction between reader and listener, creating lasting memories of shared reading experiences.

Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

"Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was woes, en nou is dit . . . Donderdag.

Justin is steeds teen sy sin ’n internetsensasie en mense van oor die węreld vergaap hulle aan al sy vernederendste oomblikke. Verder word hy met iemand anders verwar en boonop ontvoer en afgepers. Ons arme held gaan tot die uiterste beproef word!"

Scarred Lions (Paperback): Fanie Viljoen Scarred Lions (Paperback)
Fanie Viljoen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Buyisiwe feels like a stranger in London, where he grew up. And then he receives the terrible news: he has to go and live with his estranged father in a game reserve in South Africa. Africa is not what Buyisiwe expected it to be. It is a place of great beauty and splendour, magnificent animals and terrible danger. And now a scarred, man-eating lion prowls the reserve, waiting for his next victim. Will Buyi be able to heal from the physical and emotional scars left behind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
15 Minute Vegan: On a Budget - Fast…
Katy Beskow Hardcover  (4)
R435 Discovery Miles 4 350
Vatican Secret Diplomacy - Joseph P…
Society Of Jesus New England Hardcover R1,793 Discovery Miles 17 930
Good Lookin Cookin - A Year Of Meals
Dolly Parton, Rachel Parton George Hardcover R781 R644 Discovery Miles 6 440
Dancers as Diplomats - American…
Clare Croft Hardcover R3,566 Discovery Miles 35 660
Counsel to the Christian-Traveller…
William Shewen Hardcover R564 R519 Discovery Miles 5 190
The Primary National Curriculum in…
Shurville Publishing, Department of Education Paperback R549 Discovery Miles 5 490
Aquaculture and the Environment
Roger C. Reed Hardcover R2,509 R2,287 Discovery Miles 22 870
Farming - Growing the food that feeds us
Chris McNab Hardcover R645 R586 Discovery Miles 5 860
Jardine - Cooking With An Accent
George Jardine Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230
Rebels And Rage - Reflecting On…
Adam Habib Paperback R325 Discovery Miles 3 250

 

Partners