|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van
die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse
kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke
Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels
Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is
een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf
hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die
beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en
e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor
kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met
bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak
Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.
Wag! Nee! Moenie dit se nie! Wie het nie al die heeltemal verkeerde
ding op die verkeerde tyd gese nie? Gedragskundige Deborah Smith
Pegues weet dat elke verspreking probleme kan veroorsaak in
persoonlike en besigheidsverhoudings. Daarom wys sy mense hoe om
hul tong vir hulle te laat werk in plaas van teen hulle. Pas op wat
jy se! bestaan uit 30 hoofstukke wat lesers sal help om ’n
ongetemde liggaamsdeel te verander in ’n waardevolle bate. Lesers
sal leer hoe om: op te hou om die verkeerde ding op die verkeerde
tyd op die verkeerde manier te se; woorde te spreek wat ander sal
opbou; die slaggate en gevolge van leuens, vleitaal, skinder en
oordrywings te vermy. Kort staaltjies, selfondersoekende vrae en
Bybelsgebaseerde riglyne maak elke hoofstuk ’n lewens- en
tongveranderende ervaring. Elke hoofstuk sluit ook af met ’n
praktiese bevestiging wat die leser uitdaag om die beginsels in die
boek uit te leef.
Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom.
Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat
kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ... Maar sy
boodskap is dat jy dit kan oorkom, want geen boelie kan vir jou se
wie jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n
beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan
teen boelies van enige aard. Hierdie boek sal jongmense onder meer
leer om: die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring
te omskep; vir hulle ’n veilige ruimte te skep; sterk waardes te
vestig wat geen boelie kan skud nie; internet-boelies te hanteer;
’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies;
na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer; ander wat
geboelie word te help. Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil
opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of die vir wie hulle
lief is. Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter
as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het
daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie
traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke
jongmens die bemoediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het
om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.
Indien u 'n slagoffer of oortreder van molestering, verkragting
en/of pornografie is, moet u beslis hierdie boek lees. Dit kan met
enige persoon van enige ouderdom, geslag, klas, nasie en ras
gebeur. Gewillige seksuele oortreding soos owerspel, prostitusie en
pornografie is van die oudste sondes wat aan die mens bekend is -
prostitusie word gereken as een van die oudste "beroepe" in die
wereld. Vanuit dit, het molestering en verkragting voortgespruit
wat onder geweldsmisdaad sorteer. In ons moderne era, met al die
organisasies, wette en strawwe wat in plek is om sulke oortreders
mee te straf, is dit aan die toeneem, veral a.g.v. van die
internet. Dit is een van die enkel grootse oorsake vir die toename
in veral kinder handel, verkragting en molestering. Gereeld word
wereldwye sindikate oopgevlek wat hierby betrokke is, wat gesiene
mense in die samelewing insluit. Net soos dwelms, raak baie mense -
nie net mans - verslaaf aan hierdie misdryf en kan hulself, in die
meeste gevalle, nie beheer nie. In hierdie boek, ontbloot ons die
kern van hierdie misdryf wat die mens hieraan verslaaf maak. Die
skriftuurlike kennis van die waarheid maak vry, so ook in hierdie
verband. Elke slagoffer van hierdie wandade, sal verstaan hoe om
waarlik vry te raak en in geestelike oorwinning te leef.
Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele
wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in
die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor
engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike
wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele,
waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n
duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook
afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van
beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.
|
You may like...
Galesburg
Patty Mosher
Paperback
R609
R552
Discovery Miles 5 520
|