|
|
Books > Afrikaans > Geneeskunde
Die sagteware-weergawe van die opgedateerde, uitgebreide,
verklarende en tweetalige Woordeboek vir Gesondheidswetenskappe is
beskikbaar. Hierdie woordeboek is gebaseer op die Woordeboek van
Afrikaanse Geneeskundeterme wat in Januarie 1979 verskyn en reeds
agt drukke beleef het. Die nuwe uitgawe bevat sowat 10 000 meer
inskrywings as die eerste uitgawe en sowat 8 000 terme is
geherdefinieer. Die aanbieding is nie alleen van waarde vir voor-
en na-graadse studente en praktisyns in alle fasette van die
gesondheidswetenskappe nie, maar ook vir vertalers, taalkundiges en
joernaliste, Afrikaans- en/of Engelssprekend. Met hierdie
elektroniese weergawe lewer soektogte wat eens tydrowend was, nou
blitsvinnig resultate op trefwoord- en definisievlak op. Geskik vir
Microsoft Windows XP SP2 of hoer.
Hierdie verwysingsgids sluit die algemene kruie soos pietersielie en tiemie in en bevat ook inligting oor Margaret Roberts se gunstelingplante soos katstert en rose. Dit is 'n sistematiese inleiding tot die kruiewéreld, en verskaf ook inligting oor die medisinale en kosmetiese gebruike van die mees algemene kruie, die gebruik van eetbare kruie in kos, asook die kweek van kruie. Volkleurfoto's is deurgaans gebruik om identifikasie te vergemaklik. Ook beskikbaar in Engels: A-Z of Herbs.
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom
Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.
Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.
Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.
Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.
Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
|
|