|
|
Books > Afrikaans > Geneeskunde
In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte
van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy
vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma,
Susette, haar gevorm het.
Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar
pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa,
Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom
gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind
met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar
kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri –
Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou
eintlik normaal?”
Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God
elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te
staan kom.
Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, vertel
die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef en
tog ook oorkom het. In Anderkant uit? Kom beroemdes sowel as gewone
mense aan die woord. Hanlie skryf oor wat sy in die mense se oe
sien en oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoe om trauma te
oorkom.
Die sagteware-weergawe van die opgedateerde, uitgebreide,
verklarende en tweetalige Woordeboek vir Gesondheidswetenskappe is
beskikbaar. Hierdie woordeboek is gebaseer op die Woordeboek van
Afrikaanse Geneeskundeterme wat in Januarie 1979 verskyn en reeds
agt drukke beleef het. Die nuwe uitgawe bevat sowat 10 000 meer
inskrywings as die eerste uitgawe en sowat 8 000 terme is
geherdefinieer. Die aanbieding is nie alleen van waarde vir voor-
en na-graadse studente en praktisyns in alle fasette van die
gesondheidswetenskappe nie, maar ook vir vertalers, taalkundiges en
joernaliste, Afrikaans- en/of Engelssprekend. Met hierdie
elektroniese weergawe lewer soektogte wat eens tydrowend was, nou
blitsvinnig resultate op trefwoord- en definisievlak op. Geskik vir
Microsoft Windows XP SP2 of hoer.
Hierdie verwysingsgids sluit die algemene kruie soos pietersielie en tiemie in en bevat ook inligting oor Margaret Roberts se gunstelingplante soos katstert en rose. Dit is 'n sistematiese inleiding tot die kruiewéreld, en verskaf ook inligting oor die medisinale en kosmetiese gebruike van die mees algemene kruie, die gebruik van eetbare kruie in kos, asook die kweek van kruie. Volkleurfoto's is deurgaans gebruik om identifikasie te vergemaklik. Ook beskikbaar in Engels: A-Z of Herbs.
|
You may like...
Multigrid
Ulrich Trottenberg, Cornelius W. Oosterlee, …
Hardcover
R2,249
Discovery Miles 22 490
|