0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (9)
  • R250 - R500 (12)
  • R500+ (15)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geneeskunde

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R250 R200 Discovery Miles 2 000 Save R50 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Kry Jou Kop Skoon - 5 Maklike Stappe Om Angs, Stres En Toksieke Gedagtes Vas Te Vat (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Kry Jou Kop Skoon - 5 Maklike Stappe Om Angs, Stres En Toksieke Gedagtes Vas Te Vat (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R299 R246 Discovery Miles 2 460 Save R53 (18%) Ships in 4 - 8 working days

As jy gedink het dit is maar net normaal om met toksiese gedagtes, depressie en angs saam te leef, dink weer. Die pad na ’n gesonde gedagtewêreld en ware geluk is dalk baie korter as wat jy dink.

In Kry jou kop skoon gee dr. Caroline Leaf ’n 5-stap-plan wat jou sal lei om negatiewe gedagtes en emosies te identifiseer en te oorkom. Die plan, wat wetenskaplik bewys is, word ondersteun deur aangrypende gevallestudies. Enigiemand wat hierdie 5 stappe volg, sal ’n dramatiese verskil in hul fisieke en emosionele gesondheid ervaar.

Ontdek in Kry jou kop skoon hoe jy in net 3 siklusse van 21 dae beheer kan neem oor jou chaotiese gedagtewêreld sodat jy volkome emosionele en liggaamlike gesondheid, vrede en geluk kan ervaar.

... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Heinz Modler ... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Heinz Modler
R285 R223 Discovery Miles 2 230 Save R62 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).

Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.

Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.

Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Hestelle van Staden Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Hestelle van Staden; Foreword by Gerard Labuschagne
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Voorwoord deur die outeur en reeksmoordenaar-ondersoeker, Gerard Labuschagne.

Die forensiese patoloog, Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7000 outopsies behartig waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings.

Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit 'n stootwaentjie geval . . . die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van 'n jong swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.

Outopsie bied 'n blik op die lewe van 'n forensiese patoloog in SuidAfrika en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback, 2nd ed.): Antoinette Pienaar Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback, 2nd ed.)
Antoinette Pienaar
R290 R227 Discovery Miles 2 270 Save R63 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie Roer My verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.

In Kruidjie Roer My hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.

’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

Hoe Nou Gemaak? - 5000 Boererate En Wenke Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Johanna De Wet Hoe Nou Gemaak? - 5000 Boererate En Wenke Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Johanna De Wet
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 4 - 8 working days

’n Nuttige handleiding wat 'n ereplek in elke Suid-Afrikaanse huis behoort te he. Maklike oplossings op daaglikse probleempies wat in en om die huis ontstaan, word hier prakties en effektief beantwoord. Van die behandeling van algemene kwale soos slaaploosheid, tot die skoonmaak van yskaste en silwerware. Daar is nuttige raad vir die gaarmaak en preservering van voedsel, algemene noodhulpwenke asook wenke vir buitelugliefhebbers.

Geillustreerde gids tot die menslike liggaam (Afrikaans, Paperback): Collectif Quebec-Amerique Geillustreerde gids tot die menslike liggaam (Afrikaans, Paperback)
Collectif Quebec-Amerique; Translated by Amelia de Vaal
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 8 working days

Met lewensgetroue hoedefinisie-illustrasies bied hierdie publikasie ’n uitsonderlike blik op al die belangrikste liggaamsdele en -stelsels, van kroontjie tot kleintoontjie. Akkurate terminologie in Afrikaans en Engels, asook definisies en verhelderende teks stel lesers verder in staat om grondige kennis van die spesiale eienskappe en werking van die verskillende liggaamstelsels op te doen.

Word 'n Virusvegter! - 'n Gids Vir Gesond Bly (Afrikaans, Paperback): Alix Wood Word 'n Virusvegter! - 'n Gids Vir Gesond Bly (Afrikaans, Paperback)
Alix Wood
R105 R91 Discovery Miles 910 Save R14 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Leer alles wat jy moet weet om ’n voortreflike virusvegter te wees! Hierdie titel verduidelik sagkens wat 'n virus is (insluitend die Coronavirus), hoe om dit te beveg en hoe om jouself en die mense vir wie jy omgee te beveilig teen virusse. Dit gee ook wenke oor hoe om jouself en julle huis virus­vry te hou, insluitend stappe oor hoe om jou hande te was en hoe en hoekom ons moet keer dat 'n virus oraloor versprei. Die boek is saamgestel om op 'n gerusstelende maar praktiese manier vrees uit die weg te ruim, en terselftertyd kinders aan te moeding en in te lig oor hoe om na hulle eie en ander se veiligheid om te sien.

Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback): Elise Nel Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback)
Elise Nel
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat skort, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir die versorgers van mense met alzheimers en tekens waarna mens moet oplet.

Volksgeneeskuns In Suid-Afrika - 'n Uitgebreide Versameling Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition): Suid-Afrikaanse... Volksgeneeskuns In Suid-Afrika - 'n Uitgebreide Versameling Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition)
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 4 - 8 working days

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn. Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het.

Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek. Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid.

“Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.

Kennis Klop Kanker (Afrikaans, Paperback): Albert Stegmann Alberts, Stegman Alberts, Alberts Kennis Klop Kanker (Afrikaans, Paperback)
Albert Stegmann Alberts, Stegman Alberts, Alberts
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Ook in Engels beskikbaar: Knowledge Beats Cancer
JY HET KANKER! 'n Ystervuis beklem jou hart wanneer jy die diagnose hoor. Ná die skok en ontkenning kom die vrae: Wat gaan nou met my gebeur? Wat is my oorlewingskans?
In Kennis Klop Kanker word die pasiënt, en enigeen wat meer van kanker wil weet, ingelig oor alle fasette van kanker:
Wat kanker presies is en hoe kanker ontstaan
Die omvangsyfer en suksesse van kankerterapieë
Belangrikheid van dieet, noodsaaklike gereelde ondersoeke en selfondersoeke
Die vele vertakkinge en benaderinge van moderne terapieë
Moderne behandelingsmetodes en prognose van algemene kankers (29 tipes)
Deurbrake in molekulêre biologie met minder newe-effekte
Beenmurgstamseloorplanting
Mediane oorlewingstatistiek
Alternatiewe, komplementerende en integrerende terapieë
Pasiëntondersteuning, herstel ná mastektomie, kanker by jongmense en kinders, goeie pynkontrole, versorging van pasiënte met gevorderde kanker
Ondersteuning deur gemeenskapsorganisasies
Skrywer se persoonlike perspektief oor lyding en geloofsgenesing
DIE OUTEUR: Albert Stegmann Alberts is 'n onkoloog wat 33 jaar lank met kankerpasiënte gewerk het. Hy het gespesialiseer in al die vertakkings van kankerterapie. Hy is die outeur van verskeie internasionale publikasies.

Anatomie vir medies-verwante studierigtings (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): J. H. Meiring Anatomie vir medies-verwante studierigtings (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
J. H. Meiring
R730 R674 Discovery Miles 6 740 Save R56 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Die werk bied 'n sistematiese benadering tot anatomie. Hierdie benadering, in teenstelling met die regionale benadering wat deur mediese en tandheelkundige studente gevolg word, is veral gerig op medies-verwante beroepsrigtings soos verpleegkunde, radiografie, arbeidsterapie en fisioterapie. Die boek is in 'n maklik leesbare styl geskryf en daar word aan elk van bogenoemde kursusse se behoeftes voldoen.

Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Margaret Roberts Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Margaret Roberts
R220 R176 Discovery Miles 1 760 Save R44 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is. Maar met die vinnige tempo van die moderne lewe en die tydbesparende gemors- en geprosesseerde kos wat ons geneig is om te eet, ontbreek dit in ons liggame en word ons vatbaar vir'n wye reeks kwale. Margaret Roberts deel in hierdie boek haar uitgebreide ervaring van hoe om die dieet met weefselsoute aan te vul en hoe dit nie net goeie gesondheid bevorder nie, maar ook spesifieke kwale behandel - in die vorm van 'n tablet wat maklik is om te neem of deur middel van druppels. Margaret beklemtoon dat dit ook belangrik is om baie vrugte, groente en kruie ryk aan die bepaalde minerale te eet, en die name daarvan verskyn in elke hoofstuk. Weefselsoute is binne almal se bereik omdat hulle goedkoop en geredelik by apteke oral in die land beskikbaar is. Dit is die natuur se manier om 'n moee, afgematte liggaam weer blakend gesond te maak en wakker en positiewe denke te herstel.

Die ondersoek van die pasgebore baba (Afrikaans, Book): P.A. Henning Die ondersoek van die pasgebore baba (Afrikaans, Book)
P.A. Henning
R480 R444 Discovery Miles 4 440 Save R36 (7%) Ships in 7 - 10 working days
Die Vyfde Mevrou Brink (Afrikaans, Paperback): Karina M. Szczurek Die Vyfde Mevrou Brink (Afrikaans, Paperback)
Karina M. Szczurek; Translated by Erika Viljoen
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days
Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde ontmoet mekaar in ‘n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars. In hierdie memorie vertel sy van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle “tuiste” (hetsy fisies of ideologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om ‘n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om ‘n metgesel langs die pad te vind.

Om Tot Verhaal Te Kom - Verwerk Trauma en Verlies deur Skryfterapie (Afrikaans, Paperback): Lizette Rabe Om Tot Verhaal Te Kom - Verwerk Trauma en Verlies deur Skryfterapie (Afrikaans, Paperback)
Lizette Rabe 1
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.

Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.

Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.

Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.

Ek onthou (Afrikaans, Paperback): Andri Nieuwoudt Ek onthou (Afrikaans, Paperback)
Andri Nieuwoudt
R739 Discovery Miles 7 390 Ships in 10 - 15 working days
Ek Onthou - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andri Nieuwoudt Ek Onthou - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andri Nieuwoudt
R521 Discovery Miles 5 210 Ships in 10 - 15 working days
Observations on the Asthma, and on the Hooping Cough (English, Afrikaans, Paperback): John Millar Observations on the Asthma, and on the Hooping Cough (English, Afrikaans, Paperback)
John Millar; Created by Johnston and Payne (Londres)
R677 R562 Discovery Miles 5 620 Save R115 (17%) Ships in 10 - 15 working days
Of the Improvement of Medicine in London on the Basis of Public Good (English, Afrikaans, Paperback): John Coakley Lettsom Of the Improvement of Medicine in London on the Basis of Public Good (English, Afrikaans, Paperback)
John Coakley Lettsom
R436 R354 Discovery Miles 3 540 Save R82 (19%) Ships in 10 - 15 working days
Observations on the Nature and Cure of Dropsies ... to Which Is Added, an Appendix, Containing Several Cases of Angina Pectoris... Observations on the Nature and Cure of Dropsies ... to Which Is Added, an Appendix, Containing Several Cases of Angina Pectoris with Dissections, ... (Afrikaans, Paperback)
John Blackall
R983 R813 Discovery Miles 8 130 Save R170 (17%) Ships in 10 - 15 working days
An Essay on the Dropsy and Its Different Species (Afrikaans, English, Paperback): Donald Monro An Essay on the Dropsy and Its Different Species (Afrikaans, English, Paperback)
Donald Monro
R772 R645 Discovery Miles 6 450 Save R127 (16%) Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
An Essay on the Different Causes of…
John Quincy Paperback R442 R360 Discovery Miles 3 600
An Inquiry Concerning the History of the…
George Pearson Paperback R504 R415 Discovery Miles 4 150
The Medical Reporter - A Record of…
Lawrence Fernandez Paperback R738 R615 Discovery Miles 6 150
A Practical Treatise on Wounds and Other…
Benjamin Gooch Paperback R799 R667 Discovery Miles 6 670
A New Theory of Physick and Diseases…
Nicholas Robinson Paperback R890 R739 Discovery Miles 7 390
A New Treatise on Liquors - Wherein the…
James Sedgwick Paperback R1,042 R859 Discovery Miles 8 590
The Anatomy of the Human Body Abridg'd…
James Keill Paperback R922 R765 Discovery Miles 7 650
Experiments on the Cause of Heat in…
John Caverhill Paperback R438 R356 Discovery Miles 3 560
Annual Report
New Jersey. State Dept. Of Health Paperback R1,000 Discovery Miles 10 000
Annual Report
New Jersey. State Dept. Of Health Paperback R1,167 Discovery Miles 11 670

 

Partners