|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Literary & linguistic reference works > General
Hierdie gids is spesifiek geskryf vir leerders wat Afrikaans as
Addisionele Taal op skool studeer. (Van der Vyver se roman is wel
geskik vir 'n Afrikaans Huistaal-klas en kan met vrug deur onderwysers
en leerders bestudeer word.) Die gids bevat inligting en aktiwiteite
wat as hulpmiddel vir die onderwyser dien. Die daaropvolgende vrae en
woordeskat sal die inhoud meer toeganklik vir veral die
nie-moedertaalspreker maak. Die gids is so gebruikersvriendelik as
moontlik uiteengesit om die onderrigproses te vergemaklik. Onderwysers
sal gevolglik in staat wees om 'n omvattende uiteensetting van
belangrike literêre aspekte in die roman vooraf aan die leerders te
verduidelik wat as inleiding tot die roman sal dien. Vrae word per
hoofstuk gevra met relevante woordeskat om leerders in staat te stel om
die narratief beter te verstaan, maar ook hul eie Afrikaanse woordeskat
in die proses uit te brei.
'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur geliefde
jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho
is 'n Chinees-Afrikaanse meisie met 'n ystervuis, maar haar
tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou
verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se
aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde
penarie: hy wil 'n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die
familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog 'n probleem: sy is
stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oe vir Nisa - die
gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan,
maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak.
En so begin Operasie Sabotasie - met skreeusnaakse gevolge. 'n Hart
is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.
Trent is die naweek alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam
met sy vriende wat met ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n
moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op
die ongelukstoneel gekry het?
Leesgids wat gebruik word as hulpmiddel in die klaskamer om die
voorgeskrewe boek aan te vul.
Lara werk in haar vrye tyd by 'n tatoeeersalon, en wonder soms oor die
pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in 'n kinderhuis grootgeword en
het 'n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en
Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En
alles begin met 'n boks vol briewe wat sy in 'n hoededoos op haar ma se
kas ontdek.
"Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons
elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart
metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net
nie toe al besef nie." Dertig soldate kry van kleintyd af intense
weermagopleiding in 'n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van
hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?
Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per
ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas
tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste
jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord
speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar
onvermoe om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die
enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet
vlieg. Tot Lua onverwags'n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar
help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom
voor 'n keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video's oor
hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis
haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se
vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met
tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot
glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die
bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot
moderne tieners se leefwêreld te spreek.
|
|