|
|
Books > Children's & Educational > Young children's, early learning & special book types > Special book types > General
Klein Grillie Spinnekop het baie maatjies en ’n groot familie. Hy
kan glad nie verstaan waarom mense bang is vir spinnekoppe nie.
Mamma, Pappa, Oom Langbeen, Tant Fiena, Spiere, Pikkie en al die
ander spinnekoppe is dan glad nie so grillerig nie! Hulle kuier
graag by mekaar, maak prentjies met hul spinnerakke, vertel
stories, speel speletjies of bou legkaarte. Speel jy saam? In
hierdie boek kan jy saam met Grillie en sy maatjies allerhande
dinge maak, prentjies inkleur en raaisels oplos.
|
|