0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (48)
  • R50 - R100 (45)
  • R100 - R250 (602)
  • R250 - R500 (1,356)
  • R500+ (523)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Children's & Educational > Humanities > Religious education / world faiths > Christianity > General

Kyk Mooi Bybelstories (Afrikaans, Board book): Kyk Mooi Bybelstories (Afrikaans, Board book)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wat kan jy alles raaksien? Vestig ’n liefde vir die Bybel by jou kinders terwyl hulle versteekte voorwerpe in die kleurvolle illustrasies van Kyk mooi Bybelstories soek.

Dié boekie stel kinders tussen 3 en 6 jaar voor aan 6 bekende Bybelstories en moedig hulle aan om spesifieke hoeveelhede voorwerpe, diere en mense in elke storie te soek. Kinders sal leer van Adam en Eva, Noag, Jona, Jesus se geboorte, Jesus se genesing van die lam man en hoe lief Jesus vir kinders was terwyl hulle die prettige prentjies deursoek.

• Ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.
• 6 bekende Bybelstories met soek-en-tel-aktiwiteite oor Adam en Eva, Noag, Jona, Jesus se geboorte, Jesus se genesing van ’n verlamde man en Jesus se liefde vir kinders.
• Om versteekte voorwerpe te soek, verskerp kinders se aandag aan detail, ontwikkel selfvertroue en verbeter visuele persepsie.
• Om voorwerpe te tel, verhoog kinders se begrip van getalle en hoeveelhede, verbeter kognitiewe vaardighede, logiese denke en redeneringsvermoë en bou selfvertroue.
• 12 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Look a Little Closer Bible Stories.

Noag Se Wonderlike Ark - Verf-en-Soek Bybelstories (Afrikaans, Spiral bound): Noag Se Wonderlike Ark - Verf-en-Soek Bybelstories (Afrikaans, Spiral bound)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Verf die prentjies weer en weer

Waar het Noag al die diere weggesteek? Leer meer oor Noag se ark en waar die diere gebly het terwyl jy elke bladsy met water verf.

Verf-en-soek Bybelstories: Noag se wonderlike ark is ’n unieke interaktiewe boek wat 3- tot 6-jariges uitnooi om Noag en al die diere in die ark te ontmoet. Kinders sal ook leer wat die belofte van die reënboog vir God se kinders beteken.

Wanneer kinders die bladsye met water verf, sal die illustrasies en ander weggesteekte besonderhede verskyn. Omdat kinders met water verf, hoef ouers nie bekommerd te wees oor verf wat mors nie. Wanneer die bladsye droogword, verdwyn die prentjie weer. Elke boek het sy eie verfkwassie.

• Interaktiewe boek vir 3- tot 6-jariges oor Noag se ark.
• ’n Verfkwassie is ingesluit om die bladsye met water te verf. Sodra die bladsy droogword, kan die bladsye weer geverf word.
• 10 volkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Paint and Find Bible Stories: Noah’s Amazing Ark

Ou en Nuwe Testament Vol 1 - Verf-en-Soek Bybelstories (Afrikaans, Spiral bound): Ou en Nuwe Testament Vol 1 - Verf-en-Soek Bybelstories (Afrikaans, Spiral bound)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Verf die prentjies weer en weer

3- tot 6-jariges sal speel-speel meer leer oor bekende verhale uit die Bybel terwyl hulle die bladsye met water verf en interessante inligting ontdek.

Verf-en-soek Bybelstories: Ou en Nuwe Testament Vol 1 is ’n unieke interaktiewe boek vir 3- tot 6-jariges. Dit bevat 5 bekende Bybelverhale: God skep die wêreld, Jona en die groot vis, Jesus word gebore, Jesus is lief vir kinders, Jesus leef!

Wanneer kinders die bladsye met water verf, sal die illustrasies en ander weggesteekte besonderhede verskyn. Omdat kinders met water verf, hoef ouers nie bekommerd te wees oor verf wat mors nie. Wanneer die bladsye droogword, verdwyn die prentjie weer. Elke boek het sy eie verfkwassie.

• Interaktiewe boek vir 3- tot 6-jariges.
• 5 bekende Bybelverhale: God skep die wêreld, Jona en die groot vis, Jesus word gebore, Jesus is lief vir kinders, Jesus leef!
• ’n Verfkwassie is ingesluit om die bladsye met water te verf. Sodra die bladsy droogword, kan die bladsye weer geverf word.
• 10 volkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Paint and Find Bible Stories: Old and New Testament Vol 1

Leer uit die Bybel - Kom Speel met Syfers Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Leer uit die Bybel - Kom Speel met Syfers Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
R49 R46 Discovery Miles 460 Save R3 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders kan nou die pret van somme en syfers kombineer met bekende stories uit die Bybel. Daar is soveel interessante getalle wat kinders in die Bybel kan ontdek: God het die wêreld in 6 dae gemaak. Daar is 2 van elke soort dier in die ark in. Jesus het op die 3de dag uit die dood opgestaan.

Leer uit die Bybel – Kom speel met syfers (Boek 1) nooi 5- tot 8-jariges om 6 gewilde Bybelstories te ontdek terwyl hulle speel-speel hulle syfervaardighede verbeter. Die 20 ouderdomsgebaseerde aktiwiteite sluit speletjies in soos sudoku, telspeletjies en raaisels. Kinders sal ure lank besig bly terwyl hulle die Bybel leer ken en ook pret met syfers het.

• Ideaal vir 5- tot 8-jarige kinders
• Bevat 6 bekende Bybelverhale
• Meer as 20 ouderdomsgebaseerde aktiwiteite, soos sudoku en telspeletjies
• Teksverwysings by elke Bybelstorie vir verdere nalees
• Help kinders om hulle syfervaardighede te verbeter terwyl hulle ook meer van die Bybel leer
• Kweek ’n nuuskierigheid en gewilligheid vir leer by jong kinders
• Ideaal vir Sondagskool, die klaskamer of lees by die huis
• 32 volkleur-bladsye
• Sagteband
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Learning with the Bible—Let’s Play with Numbers (Book 1)

God Se Baie Goeie Idee (Afrikaans, Paperback): Trillia Newbell God Se Baie Goeie Idee (Afrikaans, Paperback)
Trillia Newbell
R49 R46 Discovery Miles 460 Save R3 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Ware verhaal oor die fantastiese verskeidenheid in God se familie

Het jy al ooit na die wêreld om jou gekyk en jou verwonder aan ons Vader se kreatiwiteit? Help jou kind om te ontdek hoe kosbaar élke mens vir God is – ongeag hulle ouderdom, geslag of ras.

God se baie goeie idee wys vir 3- tot 6-jariges dat dit deel was van God se plan om ’n wonderlike verskeidenheid mense te hê wat Hom liefhet en ook vir mekaar lief is. Dit wys vir kinders dat ons almal deel kan wees van God se baie goeie idee omdat Jesus ons gered het.

Die pragtig geïllustreerde boek sal kinders help verstaan dat mense van alle rasse en agtergronde vir God kosbaar is, en sal hulle opgewonde maak om deel te wees van die kerk, God se familie wat so ’n fantastiese verskeidenheid vorm.

• Ideaal vir 3- tot 6-jariges.
• Ontwikkel kinders se begrip en empatie vir alle mense, asook hulle sosiale vaardighede, en moedig hulle aan om ander mense te respekteer.
• 32 volkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God’s Very Good Idea.

Wyse Woorde Vir Klein Hartjies (Afrikaans, Paperback): Agnes De Bezenac, Salem De Bezenac Wyse Woorde Vir Klein Hartjies (Afrikaans, Paperback)
Agnes De Bezenac, Salem De Bezenac
R49 R46 Discovery Miles 460 Save R3 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy klein handjies besig hou terwyl hulle harte gevul word met die ewige wyshede van die Woord? Wyse woorde vir klein hartjies kombineer eeue oue waarhede uit Spreuke met prettige aktiwiteite spesiaal vir 5- tot 8-jariges.

Veertien kerngedagtes uit Spreuke word gekombineer met opvoedkundige speletjies vir seuns en meisies. Aktiwiteite soos soek die pad, kleur die prentjie in en soek die verskille moedig kreatiwiteit aan, verbeter fyn motoriese vaardighede, ontwikkel probleemoplossingsvaardighede en verbeter konsentrasie.

Terwyl kinders die aktiwiteite geniet, word die tydlose wysheid uit die Bybel speel-speel in hulle harte vasgelê.

My Eerste Jaar - ?n Onthou-Boek Vir Seuntjies (Afrikaans, Hardcover): My Eerste Jaar - ’n Onthou-Boek Vir Seuntjies (Afrikaans, Hardcover)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Koester die herinneringe aan jou babaseuntjie se eerste lewensjaar!

My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n pragtige onthou-boek waarin jy die spesiale oomblikke in jou babaseuntjie se eerste jaar kan vasvang. Daar is genoeg plek om spesiale herinneringe, familiebesonderhede en mylpale aan te teken, asook oorgenoeg plek om foto’s in te plak. Daar is ook twee koevertjies vir sy hospitaalbandjie en eerste haarlokkie.

My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n tydlose geskenk vir nuwe ouers.

My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My babaseuntjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om sy ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het jou kind jou al ooit gevra waar diere vandaan kom, of hoekom daar wolke in die lug is? Trek jou kleinding nader en vertel vir hom of haar hoe God die lug, see, berge, strande en alles in die heelal geskep het!

In Klein Beertjie ontdek God se skepping vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie hoe God alles in die heelal geskep het soos Genesis 1 ons leer. Ontdek saam met Klein Beertjie hoe God die leë wêreld vol lewe gemaak het – en selfs klein beertjies net soos hy geskep het.

Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges en leer hulle meer oor die wonder en doel van God se skepping. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Explores God’s Creation.

My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Clever Cub Explores God?s Creation (Paperback): Bob Hartman Clever Cub Explores God’s Creation (Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Has your little one ever asked you where animals come from or why there are clouds in the sky? Snuggle up with your child and discover how God created sky, water, mountains, beaches, and more!

In Clever Cub Explores God’s Creation, Clever Cub cuddles up with Mama Bear on a dark stormy night as she tells him the story of Creation in Genesis 1. Follow along as Clever Cub learns about how God filled the empty world with all kinds of life—and even created clever cubs like him!

This engaging picture book is perfect for children aged 3-6, teaching them about the wonder and purpose of God’s creation. It also includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.

• Includes questions about the story’s theme and ideas for learning more in the Bible.
• 24 full-color pages.
• Also available in Afrikaans under the title Klein Beertjie ontdek God se skepping.

My Baby Girl's Milestones (Cards): My Baby Girl's Milestones (Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My Baby Girl's Milestones Boxed Cards offers 24 Double-sided keepsake cards with adorable illustrations will keep those special memories safe. Scripture verses and prayers are interspersed on the cards, along with a space to add a date and notes.

These delightful cards make great photo props to capture and development those special milestones. We all want Instagram worthy pictures but real life is fast and messy and time is too precious to spend on editing photos. These little cards will add that special touch to your memories when your hands are too full. Add a box of My Baby Girl's Milestone Cards to a baby shower gift, or better yet, pair it with the My Baby Girl's First Year Memory Book for a complete gift any mother will adore.

• 24 Double-sided Cards
• Full-color Cards
• Sturdy Box with Lid
• Box Size: 157 x 115 x 33 mm

365 Dagstukkies en Gebede vir Dogters (Afrikaans, Paperback): 365 Dagstukkies en Gebede vir Dogters (Afrikaans, Paperback)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir dogters is dus ideaal vir dogters tussen 8 en 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.

Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele meer.

Dit is die ideale manier om meisies te leer om elke dag ’n pad saam met God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.

• 365 dagstukke spesiaal vir laerskooldogters.
• Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel 365 Dagstukkies en gebede vir seuns.

Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback): Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback)
R19 R18 Discovery Miles 180 Save R1 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

Jesus Loves Me - ? and Other Things the Bible says about Me (Cards): Jesus Loves Me - … and Other Things the Bible says about Me (Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Jesus Loves Me … and Other Things the Bible says about Me

In a world that is confusing, unstable and ever-changing, it is important for children to know who they are in Christ. Understanding their identity as a child of God will give them stability, confidence and certainty in an uncertain world. While coloring the 44 delightfully designed affirmation cards, children will learn that they are loved, forgiven, saved, chosen and able to do all things through their Savior Jesus Christ. Each biblically-based affirmation is supported by a Scripture verse and has a cute line-art illustration to color.

• 44 coloring cards in a sturdy lidded box.
• Each card has a biblically-based affirmation to color and a supporting Scripture verse.
• Cards are blank on the back offering extra space to reflect on the affirmation and to make notes.
• Thick cardstock so any medium can be used.
• Also available in Afrikaans under the title Jesus het my lief Inkleurkaartjies vir kinders
• For 5-to-10-year-olds

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.

365 Dagstukkies en Gebede vir Seuns (Afrikaans, Paperback): 365 Dagstukkies en Gebede vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir seuns is dus ideaal vir seuns tussen 8 en 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.

Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele meer.

Dit is die ideale manier om seuns te leer om elke dag ’n pad saam met God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.

• 365 dagstukke spesiaal vir laerskoolseuns.
• Die teks is ook beskikbaar vir dogters onder die titel 365 Dagstukkies en gebede vir dogters.

Clever Cub Tells the Truth (Paperback): Bob Hartman Clever Cub Tells the Truth (Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Telling the truth is something children battle with, especially when it is easier to lie and get away with it. But it is vital to teach children that it is always better to tell the truth, no matter how difficult or scary it is.

Clever Cub Tells the Truth is a great way to discuss the issue of honesty with children aged 3-6. In this adventure, Clever Cub makes a big mistake when he lies and makes his friend mad! But Mama Bear teaches him the story of Queen Esther and how telling the truth is always the right thing to do—even when it’s hard.

This engaging picture book teaches children how to be an honest and loving friend. It also includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.

• Tells the story of how Queen Esther saved her people (Esther 1-10).
• Includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.
• 24 full-color pages.
• Also available in Afrikaans under the title Klein Beertjie praat die waarheid.

Clever Cub Learns to Share (Paperback): Bob Hartman Clever Cub Learns to Share (Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Sharing with others often does not come naturally to little ones. Help your child to understand that sharing is caring and can actually be quite fun.

In Clever Cub Learns to Share, Clever Cub does not want to share with Skippy the Squirrel. That is until Papa Bear tells him about a boy in the Bible who shared his small lunch of five loaves and two small fish with Jesus (John 6:1-14). Jesus then used that small lunch to feed 5,000 people!

This engaging picture book is perfect for children aged 3-6, teaching them how wonderful it is to share with others. It also includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.

With Me Always (Hardcover): Sarah J. Portal With Me Always (Hardcover)
Sarah J. Portal; Illustrated by Jake Waldron
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

With Me Always is a beautifully illustrated children's book about a little girl who finds God when she is scared and lost. Children will love the story. The book offers children the opportunity of seeing God in their experiences and realizing that God is always with them.

Features include:

• Hardcover with beautiful full-colour illustrations by Jake Waldron
• Exceptional content for young children who may feel scared or insecure
• Concept of God always being with us brought home simply
• For ages 3 - 6

Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Laat jou kleinding saam met Klein Beertjie ontdek wat gebeur het die aand toe Jesus gebore is!

In Klein Beertjie ontmoet vir Baba Jesus vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie die verhaal van Jesus se geboorte. Saam verbeel hulle hulle hoe dit sou gewees het om baba Jesus in die wêreld te verwelkom.

Hierdie pragtige storieboek vir 3- tot 6-jariges sluit vrae oor die storie se tema in.

• Vertel die verhaal van Jesus se geboorte in Lukas 2 vir 3- tot 6-jariges.
• Sluit vrae oor die storie se tema in.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Welcomes Baby Jesus.

Daaglikse Wysheid Vir Dogters (Afrikaans, Pamphlet): Daaglikse Wysheid Vir Dogters (Afrikaans, Pamphlet)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is soms moeilik om God se wil te ken. Daaglikse wysheid vir dogters is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.

Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel Daaglikse wysheid vir seuns.

Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.

In Klein Beertjie leer om te deel wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van ’n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!

Hierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.

Jesus Luister - 365 Gebede vir Kinders (Afrikaans, Hardcover): Sarah Young Jesus Luister - 365 Gebede vir Kinders (Afrikaans, Hardcover)
Sarah Young
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 365 gebede vir kinders help die topverkoperskrywer Sarah Young kinders om elke dag met God te praat. Hulle sal die gewoonte aanleer om God se Woord te lees en daarna tot Hom te bid. Kinders sal in die proses leer dat hulle oor enigiets met God kan praat, selfs wanneer hulle bang, bekommerd of angstig is, hulle sal leer hoe om vir Hom dankie te sê en Hom te prys en dat Hy altyd na hul gebede luister. En só word gebed 'n daaglikse gewoonte.

Kenmerke sluit in:

• ʼn Gids vir ouers om hul kinders te leer bid
• Sluit 'n toewydingsbladsy in wat dit 'n ideale geskenk maak
• Elke dag sluit 'n vers, gebed en skrifverwysings in om die Bybel beter te leer ken
• In 9-punt lettergrootte
• 190mm x 140mm. hardeband
• Met ʼn lint vir maklike plekaanduiding
• Vir kinders van 8 - 12 jaar oud

Melo?s Kingdom - Storytime Adventures in the African Bush (Paperback): Thuli Madonsela, Wenzile Msimanga, Khulekile Msimanga,... Melo’s Kingdom - Storytime Adventures in the African Bush (Paperback)
Thuli Madonsela, Wenzile Msimanga, Khulekile Msimanga, Zedekiah Msimanga
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Introduce your children to important biblical principles and values in a fun and engaging way!

Melo’s Kingdom: Storytime Adventures In the African Bush takes children aged 5-8 on a wonderful adventure to the African bush with Melo and her special animal friends. Each of the charming stories explores an African proverb and incorporates biblical principles to inspire and educate children in an engaging way. The stories written by Thuli Madonsela and members of her family, highlight the importance of values like honesty, courage, respect, teamwork and kindness, while exploring the wonders of creation. The message of each story is reinforced by a relevant Scripture verse, a prayer, quizzy questions for further reflection, wise words, and a fun, faith-filled activity.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Flight Of The Diamond Smugglers - A Tale…
Matthew Gavin Frank Paperback R398 Discovery Miles 3 980
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R415 Discovery Miles 4 150
Indentured - Behind The Scenes At Gupta…
Rajesh Sundaram Paperback  (2)
R234 Discovery Miles 2 340
Financial Analysis With Microsoft Excel
Timothy Mayes Paperback R1,339 R1,257 Discovery Miles 12 570
Ubiquitous Computing and Computing…
N. Jeyanthi, Ajith Abraham, … Hardcover R2,653 Discovery Miles 26 530
Microsoft Excel Functions and Formulas
Bernd Held Paperback R1,317 R1,080 Discovery Miles 10 800
Management Of Information Security
Michael Whitman, Herbert Mattord Paperback R1,321 R1,228 Discovery Miles 12 280
A Field Guide to Stone Artifacts of…
Ellen Sue Turner, Thomas R. Hester Paperback R766 R713 Discovery Miles 7 130
The Art of Boot and Shoemaking - a…
John Bedford 1824-1894 Leno Hardcover R886 Discovery Miles 8 860
Amheida III - Ostraka from Trimithis…
Roger S. Bagnall, Rodney Ast Hardcover R2,683 Discovery Miles 26 830

 

Partners