|
Books > Religion & Spirituality > Christianity > Christian religious experience > General
Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is:
Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren lê die antwoord
by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang
kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die
aarde geplaas het.
Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe
eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep
het.
Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat
praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen:
- Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom
opreg te aanbid
- Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om
opregte sielsgemeenskap te ervaar
- Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is
om opregte dissipelskap te leer
- Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte
bediening te beoefen
- Ons is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte
Evangelieprediking uit te leef
Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op
aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren,
stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl
geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies
gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan
word.
Letters to Marc About Jesus is a beautiful collection of Henri Nouwen's very intimate and very enlightening writings to Marc, his nineteen-year-old nephew, who struggles to find his true path in a world of confusion and apathy. Written with Nouwen's characteristic grace and wisdom, these letters bear witness to his conviction that anyone can find lasting spiritual fulfillment if they simply take the time to maintain a daily awareness of Jesus in every aspect of life. Powerful and profound, Letters to Marc About Jesus is Nouwen at his best--teacher, guide, and mentor--and will provide the direction and inspiration necessary for any believer to change his or her life.
|
|