|
|
Books > Fiction > Special features > Short stories
Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke
in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is
geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel
hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem
vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort
daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en
met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die
nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se
"skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme
(die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag
die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.
'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond
van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke
omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer.
En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar
middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik
Verster wat onbesorg met ’n uiters sonderlinge stokperdjie
voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n
bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend.
Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie
bundel kortverhale na vore – vertel soos net die skerpsinnige Dot
Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as
snaakse en soms pynlike avonture.
|
You may like...
Joburg Noir
Niq Mhlongo
Paperback
(2)
R338
Discovery Miles 3 380
|