0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (3)
  • R500+ (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Tuinmaak

Begin inheems - 'n Praktiese gids vir die gebruik van inheemse plante in jou tuin (Afrikaans, Paperback): Anneke Kearney Begin inheems - 'n Praktiese gids vir die gebruik van inheemse plante in jou tuin (Afrikaans, Paperback)
Anneke Kearney
R75 R59 Discovery Miles 590 Save R16 (21%) Ships in 5 - 10 working days

'n Vars blik op inheemse tuinmaak, of jy nou geleidelik uitheemse plante met inheemses wil vervang, of van voor af begin en volledig op ons eie plante fokus. Hierdie plante verg minder werk as uitheemses, het gewoonlik minder water nodig, wil byna geen chemiese kunsmis en insekdoders he nie, en kos heelwat minder omdat jy hulle nie kort-kort hoef te vervang nie. Elke plant in die titel is spesiaal gekies omdat dit blom, soms besadig, maar meer dikwels baldadig. Benewens 'n nabyfoto en volledige beskrywing van byna 100 plantspesies is hier interessante inligting oor grondvoorbereiding, voeding, voortplanting en instandhouding.

My Gunsteling Plante (Afrikaans, Paperback): Una Van Der Spuy My Gunsteling Plante (Afrikaans, Paperback)
Una Van Der Spuy
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 5 - 7 working days
Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback): Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback)
Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg
R440 R395 Discovery Miles 3 950 Save R45 (10%) Ships in 2 - 4 working days

Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.

Gids tot Klein Tuine (Afrikaans, Paperback): Keith Kirsten Gids tot Klein Tuine (Afrikaans, Paperback)
Keith Kirsten
R255 R210 Discovery Miles 2 100 Save R45 (18%) Ships in 2 - 4 working days

In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.

So maak ons tuin - maand in en maand uit (Afrikaans, Paperback): Reg Botha, Botha, Reg So maak ons tuin - maand in en maand uit (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha, Botha, Reg
R210 R180 Discovery Miles 1 800 Save R30 (14%) Ships in 2 - 4 working days

Sagteband (Flexibound); volkleur en gelamelleer

Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers.

Só maak ons tuin - maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke. Die maandelikse tuinaktiwiteite in elke streek word behandel in die 'Take vir die maand'ť, wenke word gegee, die 'Mier'ť het besondere boodskappies, 'n 'Plant van die maand'ť word behandel, verskeie tuinmaakaspekte word bespreek, soos komposmaak, snoeiwerk, voeding vir jou plante, peste- en plaebestryding, en ruimte word voorsien vir die tuinier se notas, waarnemings en beplanning.

Tuiniers raak toenemend bewus van die maanstand se invloed op grondvog, planttyd en groeiwyse van plante en dit word elke maand kortliks bespreek. Die aarde-elemente se verband met sterretekens en die invloed daarvan op die tuin word toegelig en tuiniers kan hulleself spieël in die maandelikse tong-in-die-kies sterretekenverklarings.

Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover): Gideon F. Smith, Ben-Erik Van Wyk Tuinvetplante (Afrikaans, Hardcover)
Gideon F. Smith, Ben-Erik Van Wyk
R510 R465 Discovery Miles 4 650 Save R45 (9%) Ships in 2 - 4 working days

Hierdie wetenskaplik akkurate handleiding is daarop gemik om tuiniers en tuinboukundiges te help om vetplant- en rotspesies van oral in die wereld te identifiseer. Inleidende hoofstukke oor waterwys tuinmaak, gebruik, bewaring, verbouing en voortplanting van vetplante, tesame met 'n gedeelte oor tuinmaak met vetplante, wat nuttige wenke gee.

Sinvolle Tuinontwerp (Afrikaans, Paperback): Lindsay Gray, Gray, Lindsay | Lachenicht, Helen | Walker, Sharon, Helen... Sinvolle Tuinontwerp (Afrikaans, Paperback)
Lindsay Gray, Gray, Lindsay | Lachenicht, Helen | Walker, Sharon, Helen Lachenicht, Sharon Walker
R220 R195 Discovery Miles 1 950 Save R25 (11%) Ships in 2 - 4 working days

For most people, creating a garden, or caring for and nurturing a garden, is of far greater significance than just gardening itself. Modern-day gardens tend to be more personalised as an expression of individual lifestyle choices. However, with so much information available on the broad subject of gardening and what to plant, it's not surprising that many garden lovers feel intimidated and choose the route of blissful ignorance, while all the time wishing there had been an accessible way of knowing how to do it right the first time.

In this concise and systematic publication, the authors have pooled their cumulative knowledge and wisdom of their own practical experience, as well as their respective, proven teaching methods, into a book which will help the beginner and even the more knowledgeable gardener to navigate his or her way through the process of creating a successful garden. The illustrations are visually stunning, and in their own right present a veritable treasury of inspirational ideas.

Most importantly, Making Sense of Garden Design (Sinvolle Tuinontwerp) it is a companion to help you create or recreate your garden. It offers practical exercises and hints, and is a practical, interactive reference and guide to the fundamental topics relating to planning and creating your own garden, including the basic steps in developing a long-term master plan; important considerations such as appropriate choices of styles and plants, water consumption, labour-saving techniques, and security, all shared within a local, South African context, which will also contribute to building confidence and pride in the development and evolution of a uniquely South African gardening style.

My Tuin Soek Water - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha My Tuin Soek Water - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R60 R45 Discovery Miles 450 Save R15 (25%) Ships in 2 - 4 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Kom Ons Maak Nou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Kom Ons Maak Nou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R60 R45 Discovery Miles 450 Save R15 (25%) Ships in 2 - 4 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Kies Plante Vir Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Kies Plante Vir Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R60 R45 Discovery Miles 450 Save R15 (25%) Ships in 2 - 4 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Reg Botha Beplan Jou Tuin - 10 Uit 10 Tuinmaakreeks - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha
R50 R45 Discovery Miles 450 Save R5 (10%) Ships in 2 - 4 working days

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

Hoe Om Pittige Soetrissies In U Huis Te Kweek (Afrikaans, Paperback): Oscar Steenkamp Hoe Om Pittige Soetrissies In U Huis Te Kweek (Afrikaans, Paperback)
Oscar Steenkamp
R570 Discovery Miles 5 700 Ships in 10 - 15 working days

Bevat baie figure en foto's. Daar is duisende soorte soetrissie. Dit is 'n gewilde speserye wat oral in die węreld voorkom. Baie mense hou van soetrissies. Sommige mense verwerf uitgebreide kennis en begin die beste variëteite versamel. Diegene wat van goeie kos hou, ervaar groot tevredenheid as hulle die versameling tuisgemaakte soetrissies wys. Op hierdie manier kan gaste hul gunsteling geur kies. In die somer- en herfsmaande kan die gekleurde vrugte direk van hul plante gepluk word om onmiddellik op die tafel bedien te word met al die kleure en aromas.

Daar is baie soorte soetrissies wat kandidate is vir "die warmste peper ter węreld". Die pittige Habanero-peper was lank aan die bokant van die lys. Boonop aan die bokant van die Guinness Book of Records vind u die peper "Trinidad Scorpion Moruga" of die "Carolina Reaper".

Hierdie boek sal u op 'n eenvoudige en volledige manier al die inligting gee vir die kweek van soetrissies. 'n Paar blompotte op 'n klein terras is voldoende vir goeie resultate. Verder sal hierdie boek die tegniek vir die kweek van peperplante wat nie aan die einde van die seisoen sterf nie, bekend maak.

Wild Flower Meadows and the Arcelormittal Orbit in Pictures (Afrikaans, Paperback): Llewelyn Pritchard Wild Flower Meadows and the Arcelormittal Orbit in Pictures (Afrikaans, Paperback)
Llewelyn Pritchard
R277 Discovery Miles 2 770 Ships in 10 - 15 working days

Wild Flower Meadows en die ArcelorMittal Orbit in Fotos Koningin Elizabeth Olimpiese Park, Oos-Londen, Olimpiese Spele in Londen 2012, op 5 Augustus 'n versameling van kleur foto's van die Wild Flower Meadows en die ArcelorMittal Orbit geneem in die Koningin Elizabeth Olimpiese Park, Oos-Londen, 5 Augustus 2012.

Die Tuindamspesialis (Afrikaans, Paperback): Alan Bridgewater, Gill Bridgewater Die Tuindamspesialis (Afrikaans, Paperback)
Alan Bridgewater, Gill Bridgewater
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Verklaarde Onkruide and Uitheemse…
M. Henderson, D.M.C. Fourie, … Paperback
'n Rede vir rose
Nancy Gardiner Paperback R149 Discovery Miles 1 490
Bekostigbare tuinmaak
Nancy Gardiner Paperback R93 Discovery Miles 930
Enigeen Kan Orgidee Kweek
Nollie Cillier, Tinus Oberholzer Paperback R202 Discovery Miles 2 020
Tuinmaak maklik gemaak - 'n Inspirerende…
Nancy Gardiner Hardcover R163 Discovery Miles 1 630
Begin Jou Eie Groentetuin
Johan Van Zyl, Peter van Noord Paperback  (1)
R365 R314 Discovery Miles 3 140
Anoniem
Chanette Paul Paperback R350 R269 Discovery Miles 2 690
Die Beweging Van Bloed
Pieter Stoffberg Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
Heimwee
Sophia Kapp Paperback R449 Discovery Miles 4 490
Flaffie
Jaco Jacobs Paperback R130 R95 Discovery Miles 950

 

Partners