Books > Gardening > Gardening: plants > Flowers
|
Buy Now
Plantmaats (Afrikaans, Paperback)
Price: R292
Discovery Miles 2 920
|
|
Plantmaats (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Price R292
Discovery Miles 2 920
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle
mekaar op een of ander manier bevoordeel, word al honderde jare
beoefen. Plantpasmaats is plante wat mekar help deurdat hulle 'n
reuk of chemikalee afskei wat peste en plae afweer, of deurdat
hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif
of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer
voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan
word. Het jy geweet ...Kappertjies wat saam met pampoene, skorsies
en komkommers geplant word, versryf kewers, plantluise en ander
insekte wat die groente beskadig. En boonop is kappertjies eetbaar!
Wortels en preie is uitstekende plantmaats. Preie verjaag die
wortelvlieg en die wortels jaag weer die vliee en motte wat uie en
preie beskadig. Die verskillende reuke verwar die insekte en
ontmoedig hulle so. Aspersies keer dat aalwurms tamatieplante se
wortels aanval. Koljaner verjaag inskete en word in 'n natuurlike
spuitstof teen die rooispinnekopmyt gebruik. Knoffel verjaag
plantluise en is veral 'n goeie plantpasmaat vir rose. Hierdie
titel beskryf meer as 100 kruie, voedsel- en medisinale plante en
hulle plantpasmaats, met raad oor hoe, wanneer en waar om hulle te
plant, te oes en te gebruik. Verweef in die teks is resepte vir
natuurlike bemestingstowwe en spuitmiddels en inligting oor die
medisinale en huishoudelike gebruike van plante. Afsonderlike
afdelings dek nuttige onkruid, natuurlike spuitstowwe, deklae,
bemestingstowwe en ander metodes om die grond te versterk.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.