Hierdie oefenboek sal jou taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit
bevat taal- en begripsoefeninge, sommer alles-in-een. Dit sal jou taalkennis (van
woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) verryk en jou help om
Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek
bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl jy leer.
Hierdie oefenboek
- is saamgestel volgens die vereistes van die KABV.
- bied begripstoetse.
- bied agt hoofstukke met taaloefeninge.
- bied oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding.
- is gebruikersvriendelik.
- bevorder taal- en leesvermoë.
- bied toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture.
- bevat Engels en Afrikaans as instruksietaal.
Hierdie oefenboek bou op die basiese taalstrukture en -konvensies wat jy alreeds
begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal.
Die antwoordstel is op www.bestbooks.co.za beskikbaar.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!