In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self 'n ouma van
etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie
wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide
praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel 'n geweldige groot rol
in die lewens van die nuwe generasie - hulle eie kinders sowel as
hulle kleinkinders s'n. Selfs in die hedendaagse wereld van
tegnologiese ontwikkeling, oombliklike kommunikasie en blitsreise,
is daar eenvoudig niks wat die sorg, liefde en ondersteuning van
die uitgebreide gesin kan vervang in die lewensiklus waar
grootouers die allerbelangrike skakel tussen die verlede en die
toekoms vergestalt nie. Hierdie boek is gemik op alle grootouers,
of enigiemand wat hierdie uiters belangrike rol in 'n kind se lewe
vervul. Dit bied leiding en ondersteuning om grootouers insig te
gee in die lewens van kinders in die 21ste eeu, en bevat talle
wenke en inligting oor waardevolle vaardighede en positiewe
strategiee om hulle kleinkinders te hanteer en geniet. So kan hulle
steeds betekenisvolle lewens lei wat aan hul eie behoeftes voldoen,
en hulle welverdiende vryheid en onafhanklikheid koester.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!