Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer
dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie
belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie
saak hoe moeilik dit is nie.
Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die
kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie
avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom
jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin
Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie
saak hoe moeilik dit is nie.
Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te
wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe
’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer
hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!