Henry is ietwat aan die lywige kant, daarom dat van die ander ouens
in Graad 9 hom spottenderwys Koning Henry noem. Hy voel vere vir
rugby en krieket - tot sy pa se ewige misnoee. Maar rekenaars is 'n
ander saak! Op daardie gebied stof hy al sy skoolmaats uit. Een van
Henry se lekkerste tydverdrywe is om laatnag van die een chat room
na die volgende te surf op die Internet, op soek na iemand by wie
hy aanklank vind. Een aand glimlag die geluksgodin vir hom: nie
alleen maak die geheimsinnige Wolf weer sy verskyning nie, maar
daar is ook 'n nuwe ou wat Henry se taal praat.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!