Chris Barnard se bekroonde hoorspel gaan oor Lafras Verwey, 'n
klerk in die staatsdiens. Sy baas roep hom gedurig in. Sy kollegas
treiter hom. Almal wat hom ken, dink hy's 'n opperste sukkelaar.
Maar wat hulle nie weet nie, is dat hy een van die geheime agente
van die revolusie is. Soos hy aan Petra verduidelik: "Ons gaan
alles afmaai. Al die grootmenere. Al die ekstra spesiale kokkedore
wat die wette gemaak het; al die ringkoppe wat op ons gewone ouens
trap en die wereld se geld onder hulle vet basse muf broei. Terwyl
ons ouens wat die vuil werk doen in losieshuise moet bly. En met
trapfietse moet kom waar ons wil wees - ons gaan die wereld weer
maak soos hy was - toe elke ou nog 'n kans gehad het."
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!